Polisie bekommerd oor diefstal van skoolbussies

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het sy kommer uitgespreek oor die toename in diefstal van skoolbussies die afgelope jaar. Omtrent ses Toyota Quantum-skoolbussies is sedert Maart vanjaar by skoolpersele gesteel.

Vyf van die ses bussies is sedertdien al teruggevind.

“Toyota Quantum-minibustaxi’s wat as skoolbussies gebruik word, word geteiken in die Vrystaat,” sê brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie.

“Dit word veral gesteel as dit buitekant die skoolperseel geparkeer staan.”

Al die skoolbussies wat sover gesteel is, het die onderskeie skole se name op die bussies aangebring gehad.

Daar is ook bussies gesteel by ʼn ouetehuis en ʼn kinderhuis in Ladybrand. Verder is bussies by skole in Zastron, Clocolan, Harrismith en Marquard gesteel.

Die bussie wat op 17 November van die Clocolan High School gesteel is, is nog nie teruggevind nie.

Die polisie moedig lede van die publiek aan om enige minibus wat in die vroeë oggendure of laat in die aand rondry en wat moontlik ʼn skoolbus kan wees, aan te meld. Dit kan aangemeld word by die Ladybrand-polisie deur lt.kol. George Tshabalala by 082 301 9521 te kontak of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

quartus ·

nou hoekom word die bussies nie in garages toegesluit nie?

Karlahari ·

Ouetehuis bussie was toegesluit in n motorhuis.
Dit is wat gebeur as jou grense oop is na Lesotho toe.
Tot TLB’s gaan deur die rivier…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.