Polisie betrap talle met onwettige wapens

Die Wes-Kaapse polisie het die afgelope paar dae op verskeie onwettige vuurwapens beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

Die Wes-Kaapse polisie sê sy stryd om bendegeweld te stuit en onwettige vuurwapens uit die samelewing te verwyder, werp vrugte af.

Die polisie het die afgelope paar dae verskeie mense aangekeer vir die onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en op verskeie items beslag gelê.

Sondagaand is vier mense aangekeer nadat die polisie ʼn wit Toyota Corolla in Voortrekkerweg in Bellville deursoek en afgekom het op twee vuurwapens – ʼn 9 mm-pistool en ʼn 45 Norinco Star, asook verskeie koeëls, pepersproei, ses selfone en twee knipmesse. Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die vier verdagtes is tussen 32 en 36 jaar oud en sal na verwagting later in die Bellville-landdroshof verskyn.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 29-jarige man ook Sondagaand aangekeer nadat lede van die Steenberg-polisie hom met ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie betrap het. Die polisie was besig met stop-en-deursoek-operasies in Lavender Hill. Die man is deursoek en ʼn .38 Special-rewolwer en ammunisie is by hom gevind. Hy verskyn later vandag in die Wynberg-landdroshof.

In Beacon Valley is ʼn 24-jarige man aangekeer nadat ʼn wenk dat hy in besit van ʼn vuurwapen is, aan die polisie deurgegee is, het Van Wyk gesê. ʼn Kamma-vuurwapen is by hom gevind. “Die verdagte word aangekla van die besit van ʼn nagemaakte wapen en verset teen inhegtenisneming,” het Van Wyk gesê.

ʼn Dag tevore het lede van die Mitchells Plain-polisie ook ʼn 19-jarige man in hegtenis geneem nadat hy skielik vreemd begin optree het nadat hy die polisielede opgemerk het. ʼn Norinco Star, waarvan die reeksnommer verwyder is, asook 9 mm-koeëls is by hom gevind.

En in Manenberg is ʼn 19-jarige man Maandag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat heelwat ammunisie in sy besit gevind het. Hy verskyn later in die Athlone-landdroshof vir die besit daarvan.

Lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse polisiehoof, het die beslagleggings en inhegtenisnemings verwelkom, veral wat betref die rol wat dit speel in die stryd teen bendebedrywighede.

Matakata het gesê die verwydering van vuurwapens en ammunisie bly een van die polisie se grooste prioriteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Heksie ·

Tragies dat sekere lede hul gatte af werk om onwettige wapens te konfiskeer en misdadigers toe te sluit, terwyl 90% van dié in uniform weer die misdadigers met onwettige wapens verskaf uit die kluis by die stasie!

Melanie ·

Dit klink na goeie nuus. Ongelukkig is dit algemene kennis dat daardie einste vuurwapens hulle pad terug vind tot in die hande van die skurke.

Thinus Erasmus ·

Sien wat gebeur as SAPD net hul werk begin doen. Hoe meer en beter hul dit doen, hoe meer raak die kriminele senuagtig. En dis presies hoe jy hulle vang. Ou ou speletjie van cops and robbers waar die cops altyd wen, solank hul nie daal na die vlak van robbers nie.

Piet ·

Die kriminele was almal opad om hulel wapens te gaan ingee man , Hulle is die eerstes wat cele se anmisty gehoorsaam !!

Andrew ·

Wil graag weet van wanneer af is n selfoon n wapen…maar welgedaan SAPS, do so fort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.