Polisie bied losprys aan vir verhoorafwagtende moordbeskuldigde

Die polisie soek na Dorobo Rodney Tshivula (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo bied ʼn losprys van R100 000 aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van ʼn moordbeskuldigde van dié provinsie kan lei.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die polisie in Vhulaudzi buite Thohoyandou is op die spoor van Dorobo Rodney Tshivula (31) wat sedert verlede jaar op aanklag van moord gesoek word.

Tshivula is in 2018 op borgtog vrygelaat en was veronderstel om weer op 17 September 2018 in die Dzanani-hooggeregshof te verskyn. Hy het egter nooit vir dié verskyning opgedaag nie en is sedertdien steeds soek.

Volgens Mojapelo is die verdagte aanvanklik in hegtenis geneem nadat hy aan die moord op sy vriendin Suzan Mabala (29) verbind is. Mabala is op 9 April 2017 as vermis aangemeld waarna haar liggaam weke later op 13 Mei 2017 in die bosse naby ʼn informele nedersetting gevind is.

Ontstoke lede van die gemeenskap het daarna paaie in die omgewing versper en die Vhulaudzi-polisiestasie aan die brand gesteek. Altesaam 21 mense is destyds op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van Tshivula kan lei, kan kapt. Tshinyadzo Rodney Ndou by 082 807 2666 of die misdaadstopnommer 08600 10111 of die naaste polisiestasie bel.

ʼn Polisie-ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarel ·

Dit is die vrugte vir al die maklike borgtog wat gedurig toegestaan word.

Hettie ·

Help nie borg veygelaat nie! Hoekom toelaat vir hulle borg. Nee, hulle moet by tronk bly

colleen ·

Borgtog vir moord? Mooi man. Het hulle regtig gedink hy gaan terugkom?

@strand looper ·

Dis nogal snaaks he he. Ek het hoeka gedink Limpopo hier kom ek om te help soek want ek kan doen met R100. Maar ja, vinkel & koljander.

Tina ·

Dit gebeur wanneer hof moord en verkragtig beskuldiges op borg vrylaat.

LaatEkRaai ·

Wonderlik!! Laat ek raai R1 000.00 borg betaal vir ‘n R100 000.00 losprys – dankie BELASTINGBETALER vir u bydrae tot die losprys.

Hb ·

Stem. Borgtog word vir alles toegestaan. Howe word bestet met borgtog aansoeke vir dae lank. Pleks van verhoor en straf. Is maar net werkskepping en belasting geld wat vermors word.

Jakes ·

Waar is die manne wat die dorp so gebrand het met sy borgtog aansoek?

Conrad ·

Die regter wat die borg toegestaan het moet verantwoording dra en self tot tronkstraf gevonnis word as die verdagte ten tye van sy borg weer gemoor het.
As n engineer afteken op n struktuur dra hy verantwoording daarvoor. As dit in mekaar stort en iemand se dood veroorsaak kan hyself tronkstraf in die gesig staar.
Daar moet dus dienooreenkomstig teen regters opgetree word wat borg toestaan.

Beroof ·

Lekker ou regstelsel….. laat die regter wat hom op borgtog vrygelaat het, hom soek en die kostes betaal. Dalk dink hy voor hy so maklik borgtog gee volgende keer.

Borgtog ·

Word borgtog dalk so maklik gegee omdat dit nog lekker maklike geld is wat deur die staat verduister kan word?

Niklaas ·

Dis moeilik om glo daar was gehoop dat hy sou terugkeer. Na wrede moordklag teen hom , kry hierdie kêrel borg. Kan net ons koppe skud. Nou meteens is daar groot belonings vir opspoor en arresteer van die man. Daar is dalks geen kans dat die geld ooit betaal sal word nie…

Madelein ·

Natuurlik praat jy waar en die staat trek lekker rente op die geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.