Polisie gereed vir staatsrede

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Twitter)

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NatJoints) wat verantwoordelik is vir die koördinering van alle veiligheid- en wetstoepassingsoperasies in die land, sê alle ontplooiings is gereed om te verseker dat vanjaar se staatsrede vreedsaam en veilig verloop.

Kol. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die NatJoints-struktuur – wat deur die polisie, die staatsveiligheidsagentskap (SSA) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gelei word – vergader gereeld in die aanloop tot die staatsrede om die veiligheid en sekuriteit van deelnemers, toeskouers en gemeenskappe in die omgewing te verseker.

“Die operasionele plan is opgestel en alle kritieke rolspelers is gereed om hul onderskeie pligte na te kom.

“Alle wetstoepassingsagentskappe onder leiding van die polisie het hulpbronne gemobiliseer om sigbaarheid te verhoog met die doel om enige vorm van opportunistiese misdade voor, tydens en na die beplande geleentheid te bekamp,” sê Mathe.

Diegene in die omgewing van die Kaapstadse stadsaal, waar die staatsrede gelewer word, moet ook betyds kennis neem van padsluitings wat geld.

Mathe benadruk dat diegene wat nie geakkrediteer of gemagtig is om die staatsrede by te woon nie, die gebied rondom die stadsaal Donderdag liefs moet vermy.

“Wetteloosheid en misdadigheid sal nie geduld word nie.”

Die polisie en NatJoints het ook verseker dat alles by die mynbou-indaba seepglad verloop. “Tot dusver is geen voorvalle van ontwrigting en misdadigheid aangemeld nie,” sê sy.

“NatJoints is dus tevrede en vol vertroue dat hierdie staatsrede, soos alle ander staatsredes, ook in ʼn veilige omgewing sal plaasvind.”

Vir meer inligting oor die paaie wat gesluit gaan word en watter parkeerbeperkings gaan geld, word mense aangeraai om die polisie se webwerf, asook hul Facebook- en Twitter-plasings dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

En waar was die grap van ń Nat Joints met 2021 se anargie???

Fran ·

“Wetteloosheid en misdadigheid sal nie geduld word nie.”……wat ‘n grap! Dit word nie net geduld nie maar toegelaat deur die anc self!

Karoo ·

Ag dankie dat julle darem 1 dag van die jaar gereed is….geniet die after party, dis op ons.

trotsNAMSA ·

:) :) Ek kyk net tot die SAPD perde eenheid klaar is, dié eenheid word nooit genoem nie.
Die ander SAPD lede is teenwoordig omrede hulle is op daardie dag aanddiens en die res SAPD optredes is deur die orkes en opgeleide peloton wie die soort geleenthede.
Waarom buitendien so ‘n bohaai maak van die Opening ??

Minnie ·

Waarvoor al die polisie?
Laat die narre sonder sekuriteit vergader.
Die res van die land het daagliks vergaderings….sonder polisie.
Laat hul voel soos ons voel……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.