Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Maandag gesê sy agterstand rakende forensiese werk is sedert die 2009/10 finansiële jaar met 92% verminder.
Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê die forensiese laboratoriums het die agterstand van 59 023 sake, wat die ontleding van DNS- en dwelmmonsters insluit, na ʼn “prysenswaardige” 4 440 sake teen die einde van 2014 verminder.
Volgens Makgale is dit ’n wanpersepsie dat daar ʼn agterstand in die polisie se forensiese werk is. Makgale het bygevoeg dat hul dienste verbeter kan word deur meer forensiese beamptes aan te stel en op te lei.
Mokgale het gesê gespesialiseerde toerusting om leidrade op ’n misdaadtoneel mee te verwerk en forensiese ondersoeke te steun is nodig. Hy het ook klem gelê op die speur- en forensiese kursusse wat in die polisiediens aangebied word om die forensiese dienste van die polisie te versterk.
Ek wonder wie dink hulle gaan hulle glo? Kan nie eers die waarheid praat met die plaasmoord statistieke nie
Hulle moet ou Mc Garage van die presidensie kry om vir hulle te praat hy sal dalk die leun beter kon stel. Twee maande wag vir n bloed monster uitslag en hulle is op datum !!!!!!!!!