Polisie slaan toe op onwettige mynbedrywighede

Argieffoto

Twintig mense is Dinsdag tydens ’n klopjag op onwettige mynbedrywighede in Durban Deep in  Roodepoort in hegtenis geneem, het die Gautengse polisie gesê.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die jongste optrede bring die getal inhegtenisnemings sedert operasies op onwettige mynbedrywighede in die area ʼn week gelede van stapel gestuur is op 30 te staan.

Volgens Makhubele is daar in die operasies op gereedskap beslag gelê wat glo gebruik word vir onwettige myn terwyl skuilings en ander onwettige strukture afgebreek is. Onwettige elektrisiteitsverbindings asook verbindings aan waterpype is ook ontkoppel.

Die mense wat in hegtenis geneem is na verwagting binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

koos ·

En volgende week betoog die oorblywende Zama Zamas en dan word opdrag gegee dat hulle vry gelaat word.

Gert van Wierdapark ·

Indien dit moontlik is, pomp riool water daarin en “top dit op” met bourommel! Finish en Klaar!!!!

chrisjan ·

Gert,Riool water sal die ondergrondse water besoedel.Bou rommel kan werk.Maar ‘n versterkte konkryt blad van 3 meter dik bo oor die mynskag sal dalk die beste werk.Die myn maatskappy wat daar gemyn het moet voor stok gekry word want daar is wetgewing wat afgedwing kan word rondom die afseeling van uitgewerkte skagte.Die regering doen weereens NIE sy werk nie!

Anoniem ·

Dit is hoog tyd dat daar ingegryp word in hierdie onwettige mynbedrywighede.

ne ·

Is hulle wettig in die land? Buitelanders regeer mos SA. Hoop hulle brei uit na ander myne ook. Klerksdorp, Welkom , Carletonville en Blyvooruitsig is net so vrot van die zama zamas. Misdaad is al wat hulle ken.

Chris Ws ·

My vraag is WAAROM ou mynskagte nie permanent (in plaas van tydelik soos dit vir my voorkom) afgeseel word nie.Waarom word die toepaslike wette nie op die mynhuise afgedwing nie?

Paul Mardon ·

Die foto mislei julle. Die SAPD gaan nie ondergrond om onwettige mynwerkers vas te trek nie. Hulle weier om ondergrond te gaan omdat hulle nie opgelei is daarvoor nie. Dié mense is bogronds gearresteer. 30 arrestasies teen ‘n beraamde 50 000 onwettige myners: ‘n Niksseggende druppel in die emmer

Eish ·

Die Zama Zamas laat paaie in sink en benadeel besighede, stel lewens in gevaa, in die omgewing. Baie dankie vir die in hegtenis nemings en mag nog meer gevang word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.