Polisie slaan weer in Jhb. toe, gryp miljoene se nagemaakte goed

Die polisie het op meer as 8 000 nagemaakte items met bekende handelsname in Fordsburg beslaggelê. (Foto: SAPD)

Die SAPD het Donderdag op meer as R11 miljoen se nagemaakte goedere beslaggelê tydens ʼn klopjag by ʼn winkelsentrum in Fordsburg, Johannesburg, asook R40 000 kontant.

Altesaam 18 winkels is in die betrokke sentrum deursoek en die polisie het 37 buitelandse burgers in hegtenis geneem.

Die eenheid, wat onder andere uit lede van die polisie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, verkeerspolisiebeamptes, handelsmerkbewaarders en veiligheidsmaatskappye bestaan, het op meer as 8 000 nagemaakte items met bekende handelsname beslaggelê, onder meer selfoonlaaiers, -kassies en selfone.

Verskeie ander elektroniese toestelle soos oorfone en luidsprekers is ook afgevat aangesien dit die Wet op Elektroniese Kommunikasie en die Wysigingswet op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Icasa) oortree.

Nog nagemaakte goed in Woensdag tydens ’n afsonderlike klopjag in samewerking met ’n handelmerkbeskermer deur die polisie afgevat. Dié klopjag is ook in Fordsburg uitgevoer. Een persoon is tydens dié voorval in hegtenis geneem op vermoede dat die verdagte nagemaakte items besit, vervaardig en versprei.

Die polisie het vanjaar al verskeie klopjagte in Johannesburg uitgevoer in hul pogings om handel met nagemaakte goedere te stuit. Miljoene rand se nagemaakte items is vanjaar al van Johannesburg se strate verwyder.

Die polisie het op meer as 8 000 nagemaakte items met bekende handelsname in Fordsburg beslaggelê. (Foto: SAPD)

Die polisie het op meer as 8 000 nagemaakte items met bekende handelsname in Fordsburg beslaggelê. (Foto: SAPD)

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pawiljoen Rot ·

Yis, maar die manne perform darem vir jou so net voor ‘n verkiesing.

Michael ·

Ek sal daarvan hou as ek die volgende lees ,8000 immigrante gedeporteer oor hulle hul skuldig maak aan ‘n misdaad.

Anel ·

O, hoe lekker kry ek nou. Tot in my tone!!! Hoop nou net die 37 onwettiges word gedoprteer. Sulke berigte maak my dag. Goeie werk, Johannesburg!!!

Mart ·

Mens het mos n keuse om fake items te koop of dan nou nie?selffoon skerm?Chargers?
Regtig mense?Gaan bietjie in op die search en tik in Gru-moorde,en lees dan alles wat julle daar teekom,goed wat onder ons neuse gebeur maar ons worry oor fake chargers…ek wat n gewone burger is kan die polisie 100 geboue gaan wys in pta of johannesburg waar daar n goeie kans is om drug smouse etc te vang maar nee dis makliker om paar fake chargers te skut.Sal beter gaan met die land as hulle iets noemenswaardig doen

Perdeby ·

So vinnig as wat hulle vat so vinnig kry jy weer te koop. Klaar aan en sluit toe. En die wat voorsien.

Casper ·

Mart,as ons almal die nagemaakte produkte koop kan ons winkels wat die regte produkte verkoop maar toemaak.Dink aan die werksverliese wat gaan volg.Keur jy die onwettige handel dan goed,lyk my so.

Papsak ·

Nou vra ek net waar gaan die goed wat deur polisie gekry word heen hoe spring hulle nou so blitsigvoor die verkiesing mmm wat word van daai goed vraag ?????

Mart ·

Casper nee ek se net daar is baie beter klop jagte wat die polisie kan uitvoer as om n paar tekke te skut.Het die mens so verval dat hulle eerder al die (fake)klere en skoene sal verbrand as om dit vir mense te gee wat niks het nie?Hulle sal natuurlik nie,want die oomblik as dit gebeur sal Mnr Jones nie meer sy skoene wil dra omdat hy bang is mense dink dis fake??Jy wat die original soek sal dit mos koop by die original winkel so dit hoef jou nie te pla?

Amelia ·

Mart stem saam maar hoe sal ons ooit weet als word wel verbrand dalk iemand se ou skoene wat omgeruil word met fake sal seker nooit weet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.