Polisie gryp miljoene se nagemaakte goed in Jhb, Noordwes

Die polisie het Vrydag in die Johannesburgse middestad beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen. (Foto: Verskaf)

Die polisie se nasionale eenheid vir vervalste goedere het Vrydag op die Johannesburgse middestad toegesak en beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen.

Die eenheid, wat onder andere uit lede van die polisie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, verkeerspolisiebeamptes, handelsmerkbewaarders en veiligheidsmaatskappye bestaan, het meer as 11 000 items gegryp wat alles onder bekende handelsname verkoop word.

Die polisie het Vrydag in die Johannesburgse middestad beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen. (Foto: Verskaf)

Dit sluit in klere, sonbrille, skoene, pette, handsakke en horlosies.

Lt.kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, sê dit was die derde groot klopjag die afgelope vier weke in Gauteng.

Nagemaakte items ter waarde van miljoene rande is verlede week ook tydens ’n klopjag in Rustenburg in Noordwes gevind. Tydens dié operasie het die polisie beslag gelê op nagemaakte goedere van R8 miljoen.

Volgens Van Wyk bring dit die waarde van die aantal nagemaakte items wat oor die afgelope vier weke deur die polisie gegryp is, op R30 miljoen te staan.

“Die polisie is vasbeslote om die handel in nagemaakte goedere te stuit, aangesien dit ’n uiters nadelige uitwerking op ekonomiese groei in die land het.”

Die nasionale eenheid vir vervalste goedere het Vrydag in die Johannesburgse middestad beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen. (Foto: Verskaf)

Die polisie het Vrydag in die Johannesburgse middestad beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen. (Foto: Verskaf)

Die polisie het Vrydag in die Johannesburgse middestad beslag gelê op nagemaakte goedere van R9 miljoen. (Foto: Verskaf)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Die volgende groot besending is alreeds weer op pad so hierdie is tyd mors.

honeybee ·

Wat word van al die goed waarop hulle beslag le? Hoeveel gaan in hulle eie sakke in?

Dries ·

Hoop die vervalste goedere word aan weeshuise en minder bevoorregte mense geskenk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.