Polisie soek nog na Strand-aanvallers

Rachel Duncan Foto: Renaldo Duncan, Facebook

Rachel Duncan Foto: Renaldo Duncan, Facebook

Niemand is nog in verband met die moord op Rachel Duncan (59) van Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nie.

Duncan is verlede Woensdag in haar huis oorval en sy het steekwonde aan haar nek en bolyf opgedoen. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Sondag aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffer se dogter het glo die middag omstreeks 15:00 op haar liggaam afgekom. Haar handsak word glo vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.