Die ANC-leierskap bevraagteken of die staking in die platinumgordel in Noordwes moontlik polities kan wees.
Lees meerAlles vir Sondag 8 Junie 2014
Slegs 50% van kankerpasiënte oorleef by dié hospitaal
Slegs 50% van kankerpasiënte wat by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal opgeneem word, oorleef, het ʼn dokter Sondag gesê.
Reeksverkragter weer in die hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy 62 kinders verkrag het, het Vrydag in die Protea-landdroshof in Gauteng verskyn.
Video: Maklikste manier om krytstrepe te verwyder
Meeste huise het al kleurkrytstrepe teen die muur gehad as die peuters en kleuters opgewonde raak oor hul eie kreatiwiteit. Hierdie video van die radiostasie 95.7 KJR in Seattle, Amerika, wys jou hoe om, met ‘n gewone item, die kleurkryt van die muur te verwyder. Laat weet ons gerus indien dit vir jou gewerk het!
Polisie soek nog na Strand-aanvallers
Niemand is nog in verband met die moord op Rachel Duncan (59) van Strand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nie.
SAUK wil nie advertensies uitsaai nie
Die SAUK weier glo om ʼn reeks City Press-advertensies uit te saai wat deel was van ʼn ruilooreenkoms, het die koerant Sondag berig.
Slegs roetinebesoek vir Zuma
Pres. Jacob Zuma is glo net vir ʼn roetine-ondersoek in die hospitaal opgeneem, het die ANC Sondag bevestig.
Tweeling leef steeds, maar is kritiek
Die tweelingsusters wat Sondag deur ʼn polisiekonstabel in Emdeni, Soweto, geskiet is, is nie dood soos die polisie vroeër aangedui het nie.
Video: Maak ‘n bakkie uit jou ‘tjips’-pakkie
Niemand wil moeite doen om ‘n bakkie vir die skyfies te gaan haal wanneer almal rugby kyk of buite langs die braai sit en kuier nie. Hier is ‘n video wat jou verduidelik hoe om maklik ‘n bakkie uit daai einste pakkie te vou.
Foto’s: Seeskilpad by Yzerfontein gered
ʼn Reuseseeskilpad is Saterdag by Rooipan se Klippe in Yzerfontein aan die weskus deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered.
Polisieman skiet tweeling, homself
ʼn 27-jarige polisiekonstabel het Sondagoggend twee susters in Emdeni, Soweto, doodgeskiet voordat hy homself doodgeskiet het.
Regering dreig om te onttrek uit platinumdispuut
Die departement van minerale hulpbronne sal uit platinumonderhandelinge onttrek indien die partye nie volgende week ʼn ooreenkoms bereik nie.
Motorfietsryer sterf in N12-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Saterdag in ʼn ongeluk op die N12 in Boksburg, Ekurhuleni oorlede.
Man en seun sterf in Orange Farm-brand
ʼn 60-jarige man en 14-jarige seun is vroeg Sondagoggend dood toe ʼn brand in hul informele huis in Orange Farm in Gauteng uitgebreek het.
Gedagte vir die dag: Jou huis….’n tuiste wanneer daar liefde is
Hosea 11:1, 3,4, 8: “Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. En Ek self het…