Polisie, weermag wag vissers op Weskus in

Deur Liezl Human, GroundUp

Snoek op die strand by Hondeklipbaai. (Foto: Ashraf Hendricks / GroundUp)

Daniel Ruiter is al 45 jaar lank ʼn beroepsvisserman. Maar net soos baie van die 12 000 kleinskaalvissers in die land het hy nie ʼn permit om lynvis van sy skuit af te vang nie. Om dié rede het hy maar ʼn permit gekry wat hom ten minste toelaat om vir “ontspanning” vis te vang.

Toe hy en ander vissermanne egter op 15 Maart uit die water by Hondeklipbaai kom, het polisiebeamptes en weermagsoldate hulle op die strand ingewag.

Ingevolge die departement van bosbou, visserye en omgewingsake se regulasies word Ruiter as ʼn kleinskaalvisser erken. Die bepaalde wetgewing wat dié vissersregte erken, is in November verlede jaar gefinaliseer. Hoewel Ruiter dus die reg het om as kleinskaalvisser te werk, het hy nie die reg om lynvis van sy boot af te vang nie omdat hy en die ander vissers nie permitte vir hul vaartuie het nie.

Die departement het net 377 vaartuigpermitte vir die kleinskaalvissersbedryf uitgereik om lynvis te vang, wat volgens dié bedryf heeltemal te min is.

Die besluit word tans betwis, maar intussen maak Ruiter en ander vissers in sy posisie van ontspanningspermitte gebruik.

Verlede maand het amptenare van die departement, polisiebeamptes en lede van die weermag egter beslag gelê op hul vangs vir die dag – snoek – en boetes aan Ruiter en sy medevissers opgelê.

Video’s van beamptes en soldate op die strand is sedertdien op sosiale media versprei. Dit het tot skerp kritiek van die departement gelei.

“Daar was paniek en vrees,” het wykskomiteelid Carisa Soudens oor die voorval gesê.

Sy het reeds aan die departement geskryf en ʼn verskoning én vergadering geëis om vissers se regte te bespreek.

Daniel Ruiter is al 45 jaar lank ʼn beroepsvisserman, maar het nie ’n permit om lynvis van sy boot af te vang nie. (Foto: Ashraf Hendricks / GroundUp)

Hondeklipbaai is ʼn klein gemeenskap sowat 90 km noord van Garies aan die Noord-Kaapse Weskus.

Menige visser wat hier woon, staan al jare in dié beroep en baie het in hul visserman-pa’s se voetspore gevolg.

Ruiter ook.

Hy het die departement se optrede as “onaanvaarbaar” bestempel en versoek dat die departement met vissers in dié gemeenskap gesels.

“Ek voer ʼn bestaan uit die see,” het hy gesê.

Peter Mbelengwa, woordvoerder vir die departement, sê ʼn beheerbeampte van die departement het beslag gelê op die “oorbodige vis” omdat verskeie bote die daaglikse vangslimiet vir ontspanningsvisvang oorskry het.

Die polisie en weermaglede is glo ontplooi nadat mense opstandig geraak het oor die vis wat afgeneem is.

Wykskomiteelid Carisa Soudens sê die gemeenskap is van visvang afhanhlik. (Foto: Ashraf Hendricks / GroundUp)

Inspeksies is die volgende dag weer op vaartuie by Hondeklipbaai gedoen, maar daar is nie beslag gelê op enige vis nie en niemand is verbied om op die strand te kom of die see in te gaan nie, aldus die departement.

“Die bepaalde afdwingingsoptrede het nie ten doel gehad om wettige permithouers te verhoed om vis te vang nie. Dit moes onwettige vangste verhoed, juis sodat regmatige en wettige vissers nie deur onwettige aktiwiteite benadeel word nie.”

Kleinskaalvissers kla al lank dat 377 permitte nie naastenby genoeg is vir die nagenoeg 12 000 erkende kleinskaalvissers in die land nie.

Soudens sê die besluit om die aantal bote wat lynvis mag vang te verminder, sal die vissergemeenskap lamlê.

“Ons gemeenskap maak op lynvis staat om ons vir die grootste deel van die jaar op ons voete te hou.”

Indien meer bote nie op die water mag wees nie, beteken kleinskaalvissersregte eintlik niks nie, aldus Ruiter.

Die departement het intussen gesê hy het ʼn vergadering met ʼn afvaardiging van Hondeklipbaai gehou en dat hul besware bespreek word. Die departement behoort vroeg in April terugvoer in dié verband aan die gemeenskap se verteenwoordigers te gee.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

domheks ·

Die departement van bosbou, visserye en omgewingsake wil alles en almal beheer. Die mense ken geen ander werk nie, hulle is vissers van beroep. Dit is hulle daaglikse brood!

Catherina ·

Leer maar Japanese en dan kan julle almal soveel vis soos julle wil. SKANDELIK

Jan Jacobs ·

Domheks jy is dood reg wereld wyd word voedsel produksie beheer.

willie ·

Wee jy nou raak ek sommer boos, mense wat probeer om te oorleef en hulle vang al jare vis. Nou word hulle soos skelms behandel. Wat van die groot chinese skepe wat ons see so leeg vang. En in wie se vriekaste gaan daardie vis beland?

ekweetniks ·

spandeer liewer tyd om regte kriminele aan te keer eerder as om hulle dag vol te maak met die snert

Michael ·

Hierdie vissermanne verdien ‘n eerlike inkomste met harde werk,hoekom hulle nou viktimiseer?

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis wat gebeur indien julle jul toekoms aan die Uniegebou toevertrou. Breek weg!

Lizl ·

Maar die twat wat iewers in Gauteng sit en in sy lewe nog nooit die see of n kreef gesien het nie, kry n permit….

koos10 ·

Lizl. Nog nooit ‘n kreef in die see gesien het nie, maar gereeld dit eet in Gauteng se top restaurante teen R1200.00 per kg.

Ek verstaan dat ons hulpbronne beskerm moet word, maar voorheen was dit nie ‘n probleem nie, toe kom die ANC en voeter dit ook op, of ek moet my punt verander, ontdek nog ‘n manier om korrup te wees.

Die regering sal eerder 12000 vissers van honger laat omkom as om die paar kaders se “sideline” te stop.

Renier ·

Ek weet van n paar plekke in natuur reservate waar die ‘locals’ mag visvang. Dit is met nette in varswater damme. Hulle word toegelaat want hulle is ‘bestaans’ vissermanne. Hoekom geld dieselfde nie hier nie?.O ja,julle is nie etnies swart nie. Tyd dat die gemors stopgesit word

Jacques Dawie ·

Net gou n vinnige vraag aan die kenners, wat van die Chinese skepe wat om ons kuste se see leeg sleep? Wat is die ANC se ooreenkoms met China en vir hoe lank mag hul ons kuste stroop? Is die toelating agv die skuld van die ANC? Wat van die SAaners wat die as hul enigste inkomste het?

piet ·

Belaglik om hierdie klein bestaansvissers so lam te le. Gaan vir die groot ouens wat die kwotas het en die mark manipuleer want vis is vrek duur (duurder as rooi vleis). Hierdie klein vissers kan ‘n baie goedkoper produk aan die verbruiker verskaf en is dus tot voordeel van die verbruiker en die visserman wat dan ‘n lewe kan maak.

Mariana ·

En so word mense selfs van hul werk beroof. Hoe moet hulle nou kos op hul tafels sit. Dit is die probleem met die ANC, hulle wil als vir hulself hou. Werk is skaars en nou ontneem hulle dit van die vissermanne wat dit as hul daaglikse werk ken.

Di ·

Dis weereens ‘n bewys dat hierdie CANCER regering ALLES en ALMAL wil beheer. Hoeveel skepe van ander lede kom in SA in en vang tonne vis wat dan terug gevat word na hulle eie lande toe??

Goldy ·

Hulle moet plek maak vir die globale elite. Dis omdat ons almal by die reuse fabrieke en globale handelaars koop en nie meer by klein besighede nie. So gaan ons onself uit die ekonomie uitkoop in alle industriee.

Goldy ·

Vvraag is vir wie het hulle gestem? En is hulle vir of teen onafhanklikheid van weskaap? Mense kry waarvoor hulle stem.

Carl ·

Wat van die dae wanneer daardie visserman niks gevang het nie a.g.v. weer en ander toestande? Gaan die polisie en weermag dan daar staan en vis uitdeel aan hulle. En ons almal weet natuurlik wat van die gekonfiskeerde vis geword het. Hulle noem dit diefstal. Sies!

Riette ·

@Goldie, ongelukkig is dit die nationale departement wat die permitte uitreik en nie die Weskaap se provinsiale departement nie.

Stephen ·

En waar gaan daai vis heen wat afgeneem word? Kan net raai.

Danie ·

Die skaal wil net nie gelyk.Misdaad en oorlewing.Wette en korrupsie.Reverdigheid en werkloosheid.

Jacobus ·

Riette dit is reeds die prbleem, die anc terroriseer letterlik die Weskaap van alle kante af want dit is die eenigste provinsie in die land waar alles beter werk as in die DA beheerde provinsies.

Frank ·

Die 377 permitte het seker met omkoopgeld onder die tafel deur gebeur want hoe de hel “keur of kies” mens sommer net 377 vissers uit 12000

Casper ·

Hier kom gereeld vragmotors met vars vis na ons dorpie toe dan kan jy kies en keur en koop na hartelus vrek goedkoop,Die eienaar van ‘n sekere kettingwinkelgroep het dit probeer stop maar hulle was nie op sy perseel nie en die inwoners het gou sy tjank afgetrap en nou koop ons weer heerlike vis,bokse vol,goedkoop en gesond.

Casper ·

Die vragmotors kom van die Kaap af en net soos die vissermanne werk hulle vir hulle salrisse om vir hulle families te sorg.

Martie ·

Dis n absolute skande dat mense wat hulle lewe lank op vissersdorpies woon en werk nie mag visvang daar nie. Dis hulle lewe. Ek sal weet, my pa was een van hulle, genadiglik nog toe daar mense met verstand die land regeer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.