Polisiebeampte by begrafnis doodgeskiet

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 40-jarige vroulike polisiekonstabel van Dobsonville in Johannesburg is oor die naweek dood toe sy tydens ʼn begrafnis van een van haar kollegas geskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Saterdag die begrafnis bygewoon van ʼn kollega wat aan natuurlike oorsake dood is. Hulle het ná die diens verversings by die oorledene se huis geniet.

“ʼn Lid van die publiek, wat ook die begrafnis bygewoon het, het skielik skote in die lug afgevuur en die konstabel is in haar bors getref. Sy is na ʼn hospitaal gehaas, maar het met haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk,” het Masondo verduidelik.

Die 55-jarige man is dadelik in hegtenis geneem en sy vuurwapen is gekonfiskeer. Hy sal na verwagting Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel betuig met die kollegas en familie van die konstabel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

schaun ·

Wys jou net wat gebeur as jy n onbevoegde persoon toelaat om n vuurwapen te besit.

Boet ·

Hoe skiet jy iemand in die bors as jy skote in die lig afvuur

Dirk ·

Jy sê “What goes up, must come down”. So, sy het op haar rug gelê toe die skoot haar in die bors tref?

Sê net ·

Horisontaal, is ook “in die lug” as daar nie ‘n teiken is waarna jy skiet nie.

Asjas ·

Dis heel moontlik dat hy skote in die lug gevuur het, en met die sak van sy arm toe nog so laaste skoot afgevuur het. Onthou, begrafnisse is jolige okkasies vir sekere kulture en die drank het seker gevloei, toe raak sy arm moeg …

smith ·

As jy in die lug 90 grade skiet kom die ronte af nie naby so vinnig as wat jy hom in die lug geskiet het nie. Hy verloor teveel kinetiese energie met die terug kom slag as gevolg van weerstand en die gwig van die ronte. Myth-Busters het dit bewys en ook bewys jy kan iemand seer maak maar kan nie doodelik wees soos as jy iemand point en skiet nie. 45 grade is ‘n ander storie want dan speel aftand ‘n rol met hoeveel kenetiese energie agter die ronte nog is. Soos ‘n .22LR kan dodelik wees op ‘n km. ‘n 7mm RemMag kan nog dodelik wees op 6-7km. Wat ek dink is die ou het sy geweer gesak en sneller getrek en toe skiet hy haar raak.

Diefie ·

O genade tog. Wat het die ou gerook? Hy het skote in die lug gevuur en haar in die bors geskiet. Eish.

Sean ·

So daar word nou skote afgevuur op begrafnisse Dis nie eerste keer nie

Mathys ·

Ek het eenkeer ‘n fliek: “The Mexican” gesien waar ‘n vuurwapen in die lug in afgevuur is en ‘n bystander getref het met die terugkeer, blykbaar kan die koeel dieselfde spoed bereik, in ‘n vakuum, maar nie wanneer die windweerstand ‘n rol speel nie, so die patroon kan nie ‘n gesonde mens sommer doodmaak nie en wat nog bonop die kans dat so ‘n koeel iemand tref? Hoogs waarskynlik ‘n direkte skoot? Dit is Suid-Afrika?

Willehond ·

Seker een van die wettige wapens wat ingegee was by die polisie vir vernietiging. Nou is die loop gebuig!

Isak ·

Hulle leer dit by hulle politieke leiers. Skiet in die lug soos hulle wil en maak mense dood soos julle wil. Wil net vir julle mense se n koeel wat opgaan kom nie weer reguit af nie. So die vrou is dit kan n koeel wees wat afgekom het

Mark ·

55 jarige man? Die probleem is ons volwassenes kan nie groot raak nie. Die bybel se, toe ek ‘n kind was het ek gedink soos ‘n kind. Niemand kan volwasse raak sonder die Gees van Here nie.

ne ·

Malema se voorbeeld gevolg! Vind uit of hy ‘n eff ondersteuner is. Frats ongeluk????

Erika ·

Ek voel jammer vir haar en haar familie, deur n ander persoon se nalatigheid is sy van haar familie af weggeneem. Sy het dit nie verdien om so tot haar einde te kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.