Polisiebeampte en sy gesin vermoor

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Polisiebeampte, sy vrou en twee van sy kinders is oor die naweek in Port Edward in KwaZulu-Natal vermoor.

Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Fannie Masemola, nasionale polisiehoof, sal saam met ander lede van die polisiebestuur vandag ná die voorval besoek aan Port Edward aflê.

Ao. Roger Sinegugu Mavundla (49), sy vrou en drie kinders is Saterdag buite hul huis in Nzimakwe oorval en geskiet.

Mavundla, sy vrou en twee van die kinders, ʼn 17-jarige seun en 10-jarige meisie, is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar. ʼn Sewejarige meisie is geskiet en gewond. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Volgens Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, sal die provinsiale polisie die polisieministerie tydens die besoek inlig oor misdaadpatrone in die polisiëringsgebied en ingrypings wat ingestel is om geweldsmisdaad en ander kontakmisdade aan te pak.

Die besoek sal ook ʼn troosbesoek aan die oorledenes se familiehuis insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Albertus ·

Is omdat ons n anc klomp idiote het wat nie weet hoe n polisie mag te lei nie,

Piet ·

Cele besoek weer, niks anders om te doen soos gewoonlik nie…harde werk om orals so rond te reis.

Cherokee ·

Wat moet die bevolking doen wanneer wakker geword is? Miskruier, jy rol daardie balletjie sonder om te verduidelik wat daarin is.

Samuel ·

Ek voel jammer vir die polisiebeampte en sy gesin se naasbestaandes. Hierdie ding het seker gebeur omdat misdadigers vry rondloop en vuurwapens geredelik beskikbaar is. RIV.

Christelle ·

RIV, geen SAPD lid is meer veilig in ons land nie. Nog n weeskind wat alleen agter bly.

Sobymykoolkop ·

Dis mos Malema wat gesê het hulle sal die sapd lede in hulle huise gaan uithaal.

Harley Davidson ·

Dit sal nogal help as die polisie net hulle werk begin doen.

Anel ·

Al begin wonder van van cele geword het. Daar is die afgelope tyd ook ‘n hele paar boere aangeval en vermoor. Waar was hy toe? Polisieman get seker nie saam met die anc gestaan nie! Sterkte vir hulle naasbestaandes.

Harley Davidson ·

Die misdaad waaronder almal ly en net die wetstoepassing kan beheer,en nou raak hulle die sagte teikens.

Herpiet ·

Solank as wat hulle in beheer is sal die verval toeneem en versleg
Moet niks beter verwag nie – bid en beskerm jouself

gatgogga ·

Moenie so gou vergeet nie. Baie onlangs het Malema sy mense aangehits om polisiebeamptes in hulle huise te gaan vermoor.
Maar, net soos sy aanhitsing om wit mense ook dood te maak, sal niemand in die regering hom verkwaliknie.

Stoffeltjie ·

Die arme man was seker te ‘n goeie polisieman. RIV.

Hennie ·

En Cele huur weer na “jet” vir nog n jolly kus toe. Net gewone kriminaliteit – beweeg aan, niks om te sien nie.

Misky ·

Toe ek die opskrif lees, dink ek dadelik aan ‘n geleentheid waar Malema die polisie ook gedreig het. Nes ons boere en dis in die openbaar geuiter en niks aan hom gedoen nie. M.a.w. dit word goedgekeur.

Andries MT ·

Besoek na die aanval help nie , tree op soos van jou verwag word man .

Johanna ·

Liewe land Kan Cele hoef nie vervang word nie. Onder hom is die polisie niks. Die land het nie n weermag NIE en ook NIE polisie NIE maar hul is vriende met Rusland.

Kosie ·

Cele miskien moet jy en jou duur gevolg net daar wegbly, jy mors net ons geld met jou ge gatskuur, jy voel in elk geval vere vir enige mens, jy wil net anc politiek praat.

Grassie ·

Dit is ‘n baie hartseer storie. My innige meegevoel met die familie van die oorledenes. Hierdie polisieman was seker een van die wat sy werk pligsgetrou gedoen het, daarom die wraakaanval.

Marcello ·

RIV, mens weet nie regtig wat om te sê nie, dit is so onnodig, sterkte aan sy familie , kollegas en vriende, mens voel veral jammer vir die kind wat agterbly, wat se trauma sy nie moet ervaar nie.

marius ·

Verskriklik ! Hoe gaan hierdie wanbalans ooit herstel word ?

Tanniepetoors ·

Ek mag verkeerd wees, maar ek kan nie onthou dat Cele in sy dae as Nasionale Kommissaris sulke “troosbesoeke” onderneem het nie. Skielik is hy oral.
Hierdie massamoord op ‘n polisieman en sy gesin is uiters, uiters tragies. My innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas. Hoop van harte daar is “omgee mense” vir die dogtertjie vorentoe. Ai. So hartseer.

Mariana ·

Maar moenie bekommer nie, Cele gaan toneel besoek. Om wat te doen? Plaas hy net sy werk begin doen. Hierdie sogenaamde minister doen niks om misdaad in SA te bekamp nie. Word miljoene betaal om misdaad tonele te besoek. Verregaande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.