Polisiebeamptes ingelig oor pligte tydens grondgrype

Argieffoto: Reint Dykema

Die burgerregtegroep AfriForum het Woensdag verskeie polisiestasies in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga besoek om gidse aan polisiebeamptes te oorhandig waarin die prosedure vir die hantering van grondgrype duidelik uiteengesit word.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noordstreek, sê in ʼn verklaring grondgrype het sedert die begin van die jaar in dié streek beduidend toegeneem. Net in Gauteng is ongeveer 45 voorvalle aangemeld. In Limpopo is vyf gevalle aangemeld en in Mpumalanga is nege gevalle aangemeld.

“Dit blyk dat die polisie gereeld versuim om sy grondwetlike pligte en verantwoordelikhede na te kom, veral wat grondgrype betref. Dít het tot gevolg dat eienaars van eiendom waarop grondgrype plaasvind hul hand diep in die sak moet steek om die hof te nader om dié grondgrype te keer,” sê Coetzer.

Luidens die verklaring het alle polisiestasies reeds voorheen ’n direktief en nasionale instruksies oor die hantering van grondgrype ontvang. Sommige polisiestasies gee bloot net nie gehoor aan dié direktief en instruksies nie, verduidelik Coetzer.

“AfriForum moet gereeld ingryp en druk tot op nasionale vlak toepas om die SAPD tot optrede te dwing.”

Luidens die verklaring het die organisasie reeds met regstappe teen polisiestasies begin wat weens hul versuim om betyds en korrek op te tree, veroorsaak het dat onskuldige eienaars groot finansiële verliese ly.

“Grondeienaars moes reusebedrae bymekaarskraap om die hof te nader en van private sekuriteitsmaatskappye gebruik maak om hul eiendom van grondgrypers te red,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

aj ·

Welgedaan Afriforum!

Nou het SAPS geen verskoning vir hulle pligsversuim nie.

Hulle WEET wat hulle plig is.

Tinus Coetzee ·

Hulle weet al lankal wat hulle plig is. Daar is ‘n Nasionale instruksie aan alle stasie bevelvoerders deurgegee.
Gaan kyk maar op RSG se potgooi. In Regsake het Igna Kleynsmit dit baie duidelik uitgespel en ook baie goeie advies gegee. As jy as grondeienaar dit regte rapporterings lyn volg, kan dit jou steeds geld kos om ‘n afsettings bevel te kry. Maar met die regte regshulp gaan jy ‘n fris eis teen die staat kan instel.

John ·

En waar is Gerrie Nel en sy span ‘n slag om eie mense se sake te verteenwoordig of gaan AfriForum se fondse nou na die vervolgingsgesag-lite-welsynskeppers…. ou die Ingelse oom wat paaie regmaak.

Sarel ·

Nie eers hofbevele dwing die SAPD om op te tree nie. Die klaer moet nou bewys dat die bevel op die oortreders bedien is.

Sarel ·

Hulle plig is duidelik en eenvoudig, waar n wet oortree word moet hulle aankla en vervolg.

Heinrich ·

Hulle kan nie eers n eff terroris arresteer en die sleutel weggooi nie. Wat staan dit nog by grondgrype. Wat nou met ons gebeur en hoekom dit met ons gebeur staan in klaagliedere 5. En hoe om dit reg te stel staan ook daar. Die menslike polisie gaan jou nie help nie.

Chris Ws ·

Ek hoop my ledegeldjie aan AfriForum spoor hulle aan om reuse eise teen die polisie in te stel in die verband!Maar dit word dan met belasting betalers se geld vereffen wat verkeerd is.Die stasie bevelvoerder moes dit uit SY sak uit betaal het want HY doen nie sy werk nie.

Natascha ·

Stel n onafhanklike taakspan aan om die boere te help, en gaan die klomp se rekorts na?
Hul stel nie belang om ons boere te help, hier is dit n duidelike bewys van rassisme.
Of is hul TE bang.

Feite ·

Dit was n verkeerde strategie wat afriforum gevolg het om sekuriteit aan te stel om grondgrype te keer wanneer dit die staat se verantwoordelikheid is en wie eerder gedwing en geforseer moet word deur wetgewing en die howe om hul pligte na te kom. Die meerderheid SAPD lede (die staat) sal terugstaan en monitor, inteendeel sal hulle op vakansie gaan terwyl afriforum en die se sekuriteit die SAPD se werk doen. Afriforum se inmenging vir die bou van n sakeryk se strategie is n klap in die gesig en n vernedering vir swart polisielede wie wraak neem deur betaal te word om niks te doen nie. Afriforum was gewaarsku en wou nie luister nie en gaan gevolglik met die gevolge van grondgrype en gepaardgaande met SAPD pligsversuim sit totdat grondgrype afgehandel is. Afriforum het nie n idee van die gemors waarin hulle hulself en grondeienaars gedompel het nie. Daar is talle lesse geleer, maar julle bly maar domastrant of geldgierig of beide!

KrokodilBotha ·

Monitor en monitor . Sterkte met daai ene Afriforum.

Thinus ·

SAPS lede is kop in een mus met die grondgrypers. As ongeveer 37% van SAPS lede aan die flippen eff behoort, weet ons mos waar die probleem le.

Sarel ·

Wat verwag ons as top Bestuur deur die POPCRU range gekom het. SAPU, n eens gedugte vakbond het tot niks verskraal.

Outoppie ·

Die SAPD weet presies wat hul taak en plig is. Hulle wil dit net nie doen nie.

jakes ·

Is daar dalk polisielede wat self betrokke is by grondgryp?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.