Polisiehond help ontvoerde baba opspoor

Die polisiehond Misty. (Foto: Verskaf)

Die polisie in die Oos-Kaap kon vandeesweek ’n ontvoerde baba opspoor en aan haar ma terugbesorg danksy die hulp van die polisiehond Misty.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n 17 maande oue baba se ouers het Dinsdag op ’n plaas in die omgewing van Patensie stry gekry waarna die pa die baba gegryp en op die vlug geslaan het.

Die ma was glo aanvanklik nie bekommerd nie en het aangeneem dat die pa later tot bedaring sou kom en die kind terugbring. Toe hy egter teen 21:00 nog nie met die kind teruggekeer het nie, het sy die polisie in kennis gestel wat ’n soekgeselskap uitgestuur het om na die pa en baba te soek.

’n Soektog tussen die lemoenboorde op die plaas het die aand egter niks opgelewer nie en ’n soek-en-reddingspan van Port Elizabeth se hulp is Woensdagoggend ingeroep.

Die soekgeselskap het in kleiner groepe verdeel waarna Misty omstreeks 10:30 ’n reuk nagespoor het. Hy het die pa en baba onder bome op die plaas opgespoor waar die man met die kind weggekruip het.

Dit is nie duidelik waar die pa die nag met die baba deurgebring het nie.

Volgens Naidu is die pa in hegtenis geneem en die baba na ’n hospitaal gestuur om ondersoek te word.

“Die man is nie aangehou nie hoewel hy ’n verklaring afgelê het. Die saak sal ná afloop van die ondersoek na ’n hof vir ’n beslissing gestuur word.”

Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, het intussen sy waardering uitgespreek teenoor diegene wat na die baba gehelp soek het.

“Ons polisiehond Misty, wat ’n sleutelrol in die soektog gespeel het, verdien beslis erkenning. Danksy haar opgeleide vaardighede kon ons die kind en pa opspoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

Aww Misty, jy is ‘n ou honne duisend. Baie geluk met die opsporing van die ou kleintjie.

Moedeloos ·

Wens polisiehonde kan vir alle misdade gebruik en skuldiges so gou opgespoor word.
Mooi so ounooi se honde. Jy verdien n bederfie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.