Navorsers probeer nou vasstel of die vrektes in Zimbabwe enigsins verband hou met die raaiselagtige vrektes van olifante in Botswana.
Lees meerAlles vir Donderdag 3 September 2020
Man gee hom oor ná moord op vrou
“Daar word beweer dat die oortreder die slagoffer op straat raakgeloop het waarna ’n bakleiery ontstaan het.”
Fase 3-beurtkrag Vrydag van krag
Beurtkrag sal dan vir die res van die naweek voortduur.
Twee vas wat glo gedurende beurtkrag op poskantoor toeslaan
Die poskantoor was tydelik weens beurtkrag gesluit en klante is versoek om buite die gebou te wag totdat die krag weer sou aangaan.
Groot tenderbedrog by polisie: Nog 2 uit op borgtog
Die twee afgetrede polisiebeamptes is nou beskuldigde 37 en 38 in die saak.
ToekomsVenster: Genade vir jou
Dié geskenk se naam is Jesus. Hy is die vergestalting van genade en vrede.
Weermaglid in hof wat vrou glo doelbewus met MIV besmet
AfriForum se privaat vervolgingseenheid het in 2018 by die saak betrokke geraak.
NVG ondersoek ‘huurmoordenaar’ se vrylating op borgtog
Die beweerde huurmoordenaar is op borgtog van R1 500 vrygelaat.
Tweeling op ongelukstoneel gebore
Nooddienswerkers moes bontstaan om die boeties betyds te vang.
Dyantyi hoor dán sy lot
Dyantyi kan vir tot vier jaar uit die sport geskors word.
Die wêreld in foto’s – 3 September 2020
ʼn Groep betogers het die strate van Londen ingevaar in kostuums vir die Karnaval van Korrupsie-optog teen klimaatsverandering.
Landelike inwoners moet waaksaam wees
“Boere moet hulle voorberei op die moontlikheid van ʼn aanval.”
Ons Franse kasteel: ’n Heildronk op die lewe, die liefde en die lente!
Terwyl kleurontploffings van verskeie bloeisels die lente in Suid-Afrika aankondig, maak ons aan hierdie kant reg vir skouspelagtige herfskleure. Die boek van Prediker sê: “Elke ding het sy vaste tyd”.
Japanse regering versoek om op te dok ná oliestorting
Twee bemanningslede wat by die skoonmaak van die oliestorting betrokke was, is laat Maandagaand dood.
Genade vir gestremdes in dié krisistyd
Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het verligting gebring in ʼn baie moeilike tyd en San Michele in staat gestel om van die persoonlike beskermingsprodukte aan te koop.
Video: Suidoosterfees-kunstenaars vereer vroue vir gemeenskapsdiens
“Die weduwee se kruik” is met ʼn ode aan noodsaaklike werkers deur digter Diana Ferrus gekombineer om ʼn hartroerende lied te skep wat vroue vereer.
Vrou stap uit op die vlerk toe sy warm kry
ʼn Vrou word verbied om weer te vlieg ná sy iop die vlerk van ʼn vliegtuig uitgestap het toe sy te warm gekry het
Luister in 3 minute: Stad Kaapstad, werkloosheidsyfer en garsboere in die nuuskollig
In die jongste aflewering van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen ʼn hofuitspraak teen die Stad Kaapstad, ʼn vooruitskatting in die verhoging van die plaaslike werkloosheidsyfer en garsboere wat met ʼn oorskot in produksie sit.
Ford waarsku eienaars teen naverkope-items
Ford het opgemerk dat eienaars van Ranger- en Everest-modelle al hoe meer naverkope-toebehore by hul voertuie byvoeg.
DA vies oor ‘dubbele standaarde’ met grondbesettings
Volgens die DA word Kaapstad as boef uitgemaak terwyl optrede in ander dele van die land lof ontvang.