Man gee hom oor ná moord op vrou

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

’n Man het hom vandeesweek aan die polisie oorgegee nadat hy na bewering sy vrou in die Oos-Kaap doodgeskiet het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die man (39) het na bewering sy vrou (32) Woensdag in Dimbaza naby King William’s Town doodgeskiet.

“Daar word beweer dat die oortreder die slagoffer op straat raakgeloop het waarna ’n bakleiery tussen die twee ontstaan het. Die vrou is geskiet en op pad na die plaaslike kliniek dood.”

Volgens Tonjeni het die man hom kort ná die voorval by die polisie oorgegee en daar is beslag gelê op die vuurwapen wat vermoedelik in die moord gebruik is.

Die man sal nou binnekort in die landdroshof in Dimbaza op aanklag van moord verskyn.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het intussen die moord veroordeel.

“Ons moet maniere vind om huishoudelike probleme op te los sonder om ons tot geweld en moord te wend. Dit is optrede soos hierdie wat die vordering in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld ongedaan maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Dit is sulke sotlike optrede wat die lewe moeilik maak vir verantwoordelike vuurwapeneienaars wat lisensies wil hernu.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.