Vrou stap uit op die vlerk toe sy warm kry

Skermgreep uit ‘n video wat @boryspilchany op Instagram gedeel het

ʼn Vrou word verbied om weer te vlieg ná sy in Oekraïne op die vlerk van ʼn vliegtuig uitgestap het toe sy te warm gekry het.

Ukraine International Airlines het gesê die vrou het “die nooduitgang oopgemaak en op die vlerk uitgestap” ná die vliegtuig in Kiëf geland het, berig The Sun.

Die ma van twee het glo gekla sy kry te warm ná hulle van Turkye in die stad aangekom het. Om af te koel, het sy die nooduitgang op die Boeing 737-86N oopgemaak en op die vlerk uitgestap “om bietjie lug te kry”.

Volgens Ladbible het nog ʼn passasier op die vlug gesê: “Die vliegtuig het geland en al die passasiers het byna afgeklim. Sy het van agter in die vliegtuig na die nooduitgang gestap, dit oopgemaak en uitgestap. In daardie stadium was haar twee kinders reeds buite die vliegtuig en het langs my gestaan. Hulle was verbaas en het gesê dis hulle ma.”

Beeldmateriaal van die voorval word wyd op sosiale media versprei en wys hoe die vrou op die vlerk uitstap.

Boryspil International Airport in Kiëf het die voorval bevestig. Ukraine International Airlines het gesê die vrou se naam is op ʼn swartlys geplaas. “Die passasier se naam is op ʼn swartlys geplaas vir growwe oortreding van lugvaartveiligheid se reëls en gedrag aan boord,” het die lugdiens gesê. Die lugdiens het ook geëis dat die vrou moontlik ʼn groot boete kan betaal.

Die vrou kon nie ʼn verduideliking gee vir haar optrede gee nie, buiten dat sy te warm gekry het in die vliegtuig. Toetse het bevestig dat sy nie onder die invloed was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Nee ek is woordeloos. Wat sal nou nog op hierdie aarde gebeur……

Sandra ·

Ok, ek ly ook aan hittegloede, maar nie genoeg om op die vlerk van ‘n vliegtuig uit te gaan, as die res van die passasiers alreeds uit is by die trappe nie. Ek dink nie sy is onder die invloed van alkohol nie, maar onder die invloed van ‘n biekie kens.

Simon ·

Sy moet eintlik geprys word want mense wat sulke dinge doen help vir ‘n oomblik die res van die wereld om te vergeet van alle ander onnodige twak wat rondom ons aangaan.

JohanR ·

Kan dit wees sy het haar skooling in SA gedoen en klaar gekry, en is ‘n 30 percenter? Daar sit al klaar soe baie van hulle op die parlement banke!

Niklaas ·

Aanvanklik dog ek dis nog ‘n hardkoppige SA parlementslid wat’ n rookbreek benodig.

Alet ·

Hoe lekker lag ek nou vir die kommentare wat hier gelewer word….bwhahahaha!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.