Polisielid as nuwe ‘Idols’-wenner gekroon

Ao. Thapelo Molomo en Bheki Cele. Molomo is as die wenner van ‘Idols’ aangewys. (Foto: SAPD)

ʼn 29-jarige berader en sielkundige by die Brits-polisiestasie in Noordwes is Sondagaand as die wenner van Idols aangewys.

Ao. Thapelo Molomo, oorspronklik van Mokopane in Limpopo, word deur die polisie as ʼn “baken van hoop” beskryf vir talle polisiebeamptes wat elke dag deur sielkundig-maatskaplike uitdagings in die gesig gestaar word.

“Hy het aan duisende beamptes bewys dat harde werk, vasberadenheid en deursettingsvermoë die fondament van ʼn suksesvolle mens is,” het polisieminister Bheki Cele oor Molomo se prestasie gesê.

Cele het die geleentheid bygewoon en Molomo se blad op die verhoog geskud.

“Ons is trots op hom en wens hom die beste toe. Ons kan nie wag om hom terug op kantoor te hê waar hy ons mans en vroue in blou dien nie.”

Molomo het sy loopbaan in die polisie as ʼn intern in die sielkundigedienste-eenheid begin en is later as traumaberader aangestel.

Hy is ʼn geregistreerde berader en het ʼn BA-honneursgraad in sielkunde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Cele hou van kameras en ligte. Volgende keer moet hy dalk self deelneem. As minister is hy egter ‘n groot mislukking.

Sobymykoolkop ·

Volgende keer moet hy dalk self betaal om daar te kom en nie met belasting betalers se geld die kollig gaan opsoek nie.

Lillian ·

Cele kan hierdie polisielid geluk wens, maar nie sy werk na behore doen nie … go figure

domheks ·

cele was seker met al sy veiligheidswagte teenwoordig – op wie se onkoste? Lekker ou SA net solank die kameras rol!

Nie Verbaas ·

Is dit die een regs op die foto wat gewen het want hy het absoluut geen benul van polisiëring nie? Glo hy sal beter vaar met sing of fluit.

honeybee ·

Geluk Thepelo, trots op jou. Ongelukkig kan ek dit nie van jou baas op die foto se nie.

Nommer 7 ·

Ek is bly hy het gewen. Wie is die ou langs hom sonder die hoed?

Kokkie ·

Cele hang daar rond, maar skitter in sy afwesigheid by die tonele van plaasmoorde.

Aai ·

Baie geluk Thapelo Molomo nou kan jy daai Sirkus van ‘n baas se besigheid los.

Maritza ·

Wat maak hoedjie daar? Het hy nie belangriker werk soos om ons land te beveilig te doen nie?

Linx ·

Haai nee nou het ek als gesien SAPS skeur uit sy Nate en d man is by idols,ek wens ek kon sé wat ek regtig dink.

Hennie ·

Terug op kantoor in die SAPS? Dis n grap. Hy is weg, so gou as hy kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.