Polisieman skiet seun dood na hy hom glo vir indringer aansien

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

’n Polisiebeampte van Durban wat sy seun doodgeskiet het nadat hy hom glo vir ’n indringer aangesien het, sal Dinsdag in die hof verskyn.

Lizzy Suping, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig die beampte staan tereg op aanklag van moord.

Die voorval het in Manor Gardens plaasgevind. Volgens Suping het die pa Sondagoggend wakker geskrik toe hy glo sy seun om hulp hoor skree het.

“Hy het glo ’n onbekende man by die venster gesien en sy dienspistool gaan haal en skote deur die venster geskiet.” Dit was egter sy eie seun wat hy doodgeskiet het.

Volgens Suping word ’n lykskouing tans gedoen. “Die ondersoek duur voort en is in hierdie stadium baie sensitief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie is werklik tragies is dit agv die sa vrees sindroom of ‘n tekort aan opleiding/ common sense ek bedoel almal weet wat het met oscar gebeur,wat ook al die geval dit moet ‘n vreeslike straf wees om jou kind te dood.

Sarel ·

Dit het al gebeur met mense wat nie in die Polisie wss of is nie…..

ES ·

Jy is doodreg Manie – die 3 kriteria vir die gebruik van sy vuurwapen vir privaat beskerming was nie voldoende nie: 1 die aanval moet aan die gebeur wees of onmiddelik op hande wees, 2 die aanval moet onwettig wees, 3 die aanval moet op jou gerig wees of op ‘n 3de party.

Jy kan nie iemand deur ‘n venster skiet as jy nie subjektief kan vasstel dat daardie persoon wel ‘n bedreiging is, wel ‘n boosdoener is en dat hy jou wil leed aandoen en jy in ONMIDDELIKE gevaar is nie. Die situasie is anders as daardie persoon in jou huis is. Dalk het die kind in sy slaap geloop en geskree – mens kan nie net skiet nie.

So onregverdig en tragies as wat hierdie situasie is, is hierdie man in baie groot moeilikheid. Die wet op vuurwapenbeheer is baie duidelik…

Maritza ·

‘n Jong man het sy lewe verloor en sy pa gaan vir die res van sy lewe daarmee moet saam leef en mense bekommer oor vuurwapen gebruik. Wat van eerder simpatie he met die familie

ES ·

Maritza, ons simpatiseer absoluut met die pa, dit moet ongelooflik hartverskeurend vir hom wees – maar as hy die reels gevolg het waarvoor daar voorsiening gemaak word in die wetgewing, dan kon hierdie tragedie vermy gewees het.

Daar is ‘n rede hoekom die wet streng voorsiening maak vir vuurwapenhantering.

Cindy ·

ek is seker as daai polisieman by jou huis opgedaag het na jy dieselfde gedoen het sou hy absoluut geen simpatie gehad het met jou nie… Sou hom beslis nie gekeer het om jou daar en dan te arresteer vir oortreding van vuurwapen wetgewing nie.

philippus ·

Dis jou straf vir swak opleiding. N 80 jarige weerlose weduwee mag nie doen wat jy gedoen het nie. En jy is n opgelei. Die persoon was buite. Gaan vra vir Oscar Pistorius wat is dolis eventualus.

JM ·

Hoe verskriklik! Die skok en selfverwyt: dit moet ondraaglik wees.

Sarel ·

Dit het al met verskeie mense gebeur Polisienan of nie.
Vrese vir misdaad….Misdadigers bewapen hulle self en huiwer mie om te skiet nie…dit is hy of jy..
Die gevolge van Misdaad wat buite beheer is en die
” Vrees” sindroom. Hy was ook msar mens wat sy familie wou beskerm.
Dink net met watter wroeging en selfverwyt die man moet saamleef.

Africangrey ·

Die staat moet aangekla word!!! Die man beskerm gedurende die dag die volk, in die aand sy gesin, dis 24 uur per dag lewe in vrees omdat mens se lewe niks meer werd is nie. Verder kan mens maar net wonder oor die opleiding, dit is vreeslik wat hier gebeur het, my innige simpatie, ek staan aan jou kant, en sou dieselfde gedoen het.

Martin ·

Die polisieman het verkeerd opgetree. Ons ALMAL wat wettiglik vuurwapens gebruik en oor bevoegtheid sertifikate beskik behoort teen hierdie tyd die wet tot op redelike mate te ken – veral die polisie. Jy mag slegs jou vuurwapen aanwend indien jy kan bewys dat jou lewe of iemand anders se lewe direk bedreig word, en dit moet kan bewys word dat die aanvaller moet fisies ‘n wapen gedra het en probeer aanwend het teen jou of iemand anders met die opset om ernstig te beseer of met die doel om dood te maak. Jy kan nie net begin skiet nie al voel jy hoe bang, dink voor jy die sneller trek en indien jy die sneller trek maak asb seker wie en wat jy skiet.

Anel ·

Martin, was jy al in so ‘n situasie? Doen jy werk waar jou lewe elke oomblik bedreig word? Ons weet nie wat deur hierdie pa, of dan nou polisieman se kop gegaan het nie. Ons weet nie wat gedurende sy skof gebeur het nie. Almal kan nou na die tyd lekker praat, hy moes die gedoen het of so gemaak het. Hy ly dalk nog aan onderliggend PTSS. (Polisiemanne steek dit weg want beraders praat uit). Hy het ‘n breukdeel van ‘n sekonde gehad om te reageer. Hy het geglo sy seun is in die moeilikheid. Ons en die howe het weke, maande, jare om te spekuleer. Of hy nou tronk toe gaan of nie, hy gaan die res van sy lewe boet. Wie is ons om te oordeel. Pleks word die gesin ondersteun en nie afgekraag nie.

Hennie ·

Absolute tragedie! Maar waarom het hy deur n toe venster geskiet? Watse bedreiging is iemand anderkant n muur?

Louise ·

Ek weet darm maar nie hoe enige persoon net bloot in n rigting skiet as hulle skrik nie.
Maar nogsteeds baie tragies vir almal betrokke, baie sterkte!

Gatvol... ·

Dis werklik tragies. Sterkte aan die gesin, familie en vriende. Sterkte aan die pa ook, ek dink hy het geskrik en sy kind se lewe probeer beskerm, ongelukkig ten koste van ‘n ander kind.
Ongelukkig gaan hy in groot moeilikheid kom. Die kind was buite en nie in die huis nie, en dit alleen is ‘n probleem. Ek kry hom regtig jammer, hy moes in ‘n sekonde ‘n besluit neem, waar die gereg jare en maande het om daaroor te besluit. En dan moet hy nog met die feit saamleef dat hy sy kind vermoor het.
Ek persoonlik dink dat alle bevoegde vuurwapeneienaars net weer deur hulle boeke gaan. Mens vergeet so vinnig wat presies daarin staan. Ons moet onsself beskerm en dit onder die Wet doen.
Weereens… Alle simpatie aan almal wat na aan hom was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.