ʼn Polisieman in Bloemspruit, Vrystaat, het sy vrou op Nuwejaarsdag doodgeskiet en sy twee kinders gewond voordat hy selfmoord gepleeg het.
“Die 30-jarige beampte het Woensdagmiddag op sy gesin losgebrand tydens ʼn argument met sy vrou,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die vrou en twee kinders is na ʼn hospitaal geneem, waar die vrou aan haar beserings beswyk het. Die polisiebeampte is op die toneel dood.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.