Polisieman sterf in skietery met rowers

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Polisiebeampte van Kaapstad is Vrydag doodgeskiet toe hy rooftogverdagtes agternagesit het.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is polisiebeamptes en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy die oggend na ʼn onderneming in Killarney Gardens in Kaapstad ontbied ná hulle inligting ontvang het van ʼn gewapende rooftog.

“Met beamptes se aankoms op die toneel het vier verdagtes die personeel in die gebou met vuurwapens aangehou. Die verdagtes het op die polisie geskiet en daarna op die vlug geslaan,” bevestig Potelwa.

“Die polisie het die verdagtes agternagesit en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Twee polisiebeamptes en twee verdagtes is gewond. Een van die beamptes is in die been geskiet. ʼn 48-jarige sersant van Table View is in die kop geskiet en op die toneel dood verklaar.”

Volgens Potelwa is een van die gewonde rowers (34) op die toneel in hegtenis geneem. ʼn Tweede verdagte (36) wat ook ʼn skietwond opgedoen het, is in die omgewing aangekeer.

Die oorblywende twee verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur.

Lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het sy medelye met die oorlede polisiebeampte se familie en vriende betuig. Hy het ook die toneel self besoek.

“Die verlies van die sersant en die beserings wat die ander polisielede opgedoen het, is slegte nuus. Ons onderneem om alle hulpbronne tot ons beskikking te gebruik om die oorblywende verdagtes op te spoor sodat geregtigheid kan geskied,” sê Patekile.

“Beamptes moet ook te alle tye waaksaam wees aangesien hulle te doen het met wreedaardige misdadigers wat enigiets sal doen om hul misdade uit te voer.”

Die naam van die oorlede beampte sal bekendgemaak word sodra al sy familielede van sy dood verwittig is.

Sake van moord, poging tot moord en gewapende rooftog word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

H.A. ·

Al die moordenaars en rowers het die strafwet te lig bevind.

Johanna ·

Ons innige meegevoel aan die Polisie Beampte wat gesterf het se naasbestaandes. Ons harte gaan uit na julle.
Sterk staan.
Ons is net so jammer vir die polisie beamptes wat vandag gewond is.
Dit is so hartseer.

JohnnyS ·

Snaaks – Geen opmerkings oor skiet hulle in die voete of bene, of waar was die pepper spray en tazers. Sterkte aan die beampte se familie.

Linx ·

Sterkte aan die familie van die sersant,hy was regtig n lieflike mens,kon baie leer.

Shakespeare ·

Saluut aan die gestorwe beampte. Min van jou soort in die SAP.

Sarel ·

Nog ‘n Polisieman, iemand e Seun, Broer, Geluefde het gesterf aan die hand van Arrogante Misdadigers en
Swak Bestuur. Wst foen die MRK..
en die Vakbonde..

christo ·

‘n Bekende sekuriteit maatskappy reik sy beamptes met ballistiese helms uit asook ‘n hoë gehalte koeëlvaste baadjies. Die meeste van die SAPD se koeëlvaste baadjies se leeftyd het verstryk. Rowers is nie meer opportuniste nie. Rooftogte word behoorlik beplan, met stopper groepe wie se spesifieke doel is om die polisie en gewapende reaksie beamptes te neutraliseer. Gewoonlik is dit slegs twee polisiebeamptes en een gewapende reaksie beampte wat eerste reageer. Dit is totaal onvoldoende, en polisiebeamptes kry nie gereeld verfrissende opleiding nie, o.a. as gevolg van ‘n gebrek aan ammunisie. Bheki Cele gooi die polisiebeamptes vir die wolwe, terwyl die ‘ madhatter ‘ BBP beskerming geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.