Polisieman tydens inhegtenisneming vermoor

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Limpopo is Sondagmiddag in Louis Trichardt vermoor toe hy  ʼn gewelddadige verdagte in hegtenis probeer neem het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 59-jarige adjudant-offisier het inligting opgevolg oor ʼn 30-jarige verdagte wat gesoek word in verband met aanklagte van diefstal uit ʼn voertuig en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Polisiebeamptes het die verdagte by ʼn huis in die dorp opgespoor en daarheen gegaan om hom in hegtenis te neem.

“Die verdagte het gewelddadig geraak toe die polisie hom in hegtenis wou neem en het die adjudant-offisier met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die beampte is na ʼn hospitaal gehaas,” het Ngoepe gesê. Die verdagte kon deur ander polisiebeamptes in die huis vasgekeer word en is in hegtenis geneem.

Volgens Ngoepe het die adjudant-offisier later in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die beampte se naam is nog nie bekendgemaak nie.

Die verdagte sal binnekort in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, diefstal uit ʼn voertuig en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leahim ·

Weereens n bewys van swak opleiding ens ens ens die polisie man het n vuurwapen vir selverdediging nou word hy oorrompel deur n grypdief met n okapi mes en doodgemaak waarsku die verdagte en verwyder hom uit die samelewing waar hy in elkgeval nie hoort die wet se as jou lewe of die van n ander persoon in lewensgevaar is mag jy maksimum geweld gebruik .

Andrew ·

Leahim, Was jy op die toneel? Beslis nie. Dit is grootmonde soos jy wat net kan kritiseer van die kantlyn af wat selfs nog ‘n groter gevaar is vir die land as geweldenaars self. Hierdie voorval is net een van talle waar polisielede hulself daagliks blootstel. Meesal is hul suksesvol, maar soos oral in die wêreld, word polisielede beseer of gedood.

Hier sterf ‘n man wat sy jare lank sy lewe op die spel geplaas het op die vooraand van sy aftrede en jy maak aannames !!!????

My innige simpatie met die familie.

Leahim ·

My innige simpatie met die oorledene se familie regtig maar ek hou by my opinie

Pen ·

Dankie Andrew die mense dink dit is so maklik daar buite.. kan maklik se hoe dit gedoen moet word maar sal dit seker nooit self probeer nie

Nico ·

Jys reg hier is n bewys hulle gee nie om nie sal eers skiet en dan vra vra 6 jaar oor voor pension sterkte vir familie

Vermeende ·

AS dit my pa was dan sou ek dit nie daar laat nie.
Wat sou gebeur as voedsoldate almal 59 was, hoeveel weerstand kan n ou man bied.
Hoekom is die ouderdom polisiemanne nog in patrolie voertuie, verstaan my reg. As jy jou werksmag optimaal wil benut dan ontplooi jy hulle waar hulle fisies sal pas, daar was n tyd waar die SAP lede n viksheidstoets moes slaag.

Callie ·

Dit is die nuwe SA. Kriminele weet hulle het die reg aan hulle kant. Weet almal is te bang om op te tree want dan is hulle in die moeilikheid. As iemand n klip of n mes optel is jou lewe in gevaar. Net in SA bring iemand n mes na n gunfight en wen. Die grootste siekte is soos in die Marikana geval. Die grootste kenners van wat die polisie moes doen is die wat nog nooit self die werk gedoen het of self voor so massa wat op jou afstorm gestaan het nie.

Suzie ·

Vermeende – nou is daar nie meer voeTsoldate nie… en ek vertrou meeste voldoen nie meer aan Fiksheidtoetse nie.

grootbekke ·

Andrew stem volhartig saam as hulle so goed was hoekom is hulle nie ok in die polisie nee
hulle is te bang maar met die mond Rambo de lux

Leahim ·

Ek verstaan nie die aggressiewe houding nie maar ja ek het geleerdheid so dit is die rede hoekom ek nie by die polisie werk nie maar ek volstaan by my opinie

Skokkend ·

Maar dan mag hulle nie skiet nie, die VERDAGTE Mag die polisieman vermoor die polisieman mag net nie die verdagte aanrand of vermoor in ‘n poging om homself te verdedig nie . as jy in SA dood is, is jy onskuldig, as jy jouself verdedig is jy skuldig. PATETIES.

Theresa ·

Innige simpatie met die familie van die oorledene. Flink besig gewees om sy taak te doen. Dapper mens!

Fanie ·

Haai Leahim. Nou weet ek regtig nie. Ek het ook geleerheid soos jy dit noem. Ek het twee grade waarvan een n regsgraad is maar dit het my nie verhinder om 35 jaar in die polisie te dien nie. Wat jy nou wil voorgee dat net ongeleerde mense polsie beamptes is. Ek dink jy sien neer op mense wat nie n geleerdheid het nie. Ek dink jy sal verbaas wees om te weet hoeveel polisie beamptes grade het. Verander jou opinie en waardeer die polisie beamtes wat daagliks soos ons oud lede hulle lewe op die spel plaas om julle geleerdes en ongeleerdes te beskerm.
Word groot asseblief.

Leahim ·

@Fanie dit is duidelik dat jy soos jou kolegas wat my so aanval in die polisie is maar as julle oud lede so goed is hoekom is julle dan die botomfeeders ,julle werk is om te dien en te beskerm verduidelik dan vir my hoekom word die boere uitvermoor op hulle plase.Hoekom moet ons in die stede kontrak sekuriteit kry om ons veilig te hou .Hoekom moet siviele mense by buurtwagte aansluit om ons familie en eiendom te beskerm.Hoekom lees ek elke dag van polisie beamptes wat by misdaad betrokke is .Ek hou by my opinie wil miskien net by sê gee die biblioteke die mandaad om ongelukkig te registreer vir versekering doeleindes en om dokumente te sertifiseer dan kan die SAPD sluit en ons belasting geld beter aangewend word.

Andrew ·

Leahim,
Om die minste te sê, ek het so antwoord van jou verwag. Ongelukkig lyk dit of jou bietjie geleerdheid nie gepaardgaan met menswaardigheid, mensekennis, ervaring of insig nie. Daar is heelwat polisiebeamptes met uninversiteitsgrade, selfs op die vlak van Konstabel – of jy dit glo of nie – ook Meestersgrade. Baie ander het Doktorsgrade. Voeg opleiding by en jy mag dalk ver tekort skiet.

Ongelukkig weet jy nie, of weier jy om te sien wat polisiebeamptes daagliks deurmaak om almal in hierdie land te beskerm. Daar is wel, soos in enige ander beroep, vrot appels. Dit gee niemand die reg om op polisiemanne en-vroue neer te sien nie.

Laastens, hierdie tipe van ingesteldheid is net so groot rede vir die toename in misdaad as die wil van misdadigers om misdaad te pleeg, hier ter lande asook elders in die wêreld.

Carlotta ·

Die man het sy werk gedoen. Mense moenie lelik wees met sekere op en aanmerkings. Sy familie lees dalk ook die antwoorde. My simpatie is vir die familie. Weet nie name maar ek het ook polisie van Louis Trichardt geken.

Leahim ·

Andrew ek is baie bly nou dat die polisie se kwalifikasies uitgesorteer is andwoord dan asb my vraag hoekom moet ons dan hoogs gekwalifiseerde beamptes se werk doen?
Hoekom moet siviele mense bedags werk en in die nag patrollie ry om ons buurte veilig te hou?
Hoekom kan die hoogs gegradueerdes nie n voorkoming plan in werking stel om die boere te beskerm nie?
Hoekom is misdaad buite beheer in Suid Afrika.Ek wil dit net onder jou aandag bring dat privaat sekuriteits firmas die grootste groeiende besighede in Suid Afrika is en die rede hiervoor oor die meerderheid van die land se inwoners nie die polisie vertrou nie en met reg en hiermee volstaan ek.

Joe Stormer ·

Jou opmerkings en vrae wat jy stel wys jou onkunde op die gebied uit. As jy wonder hoekom die misdaad so hoog, of dink dat die probleem slegs n polisieering probleem is, sit jy met oogklappe aan…heel moontlik om jou oninligte opinie te staaf. Maar soos jy se dis jou opinie. Ek weet nie hoeveel keer jy al n geesteversteurde persoon gehanteer het nie…..wat dood normaal voorkom en in n sekonde totaal anders optree. Daar is verskeie voorbeelde wat ek jou kan gee waarmee die polisie lede daagliks te doen kry. Dit sal egter nie help nie want daar is niemand wat so blind is soos een wat nie wil sien nie. Ja, daar is baie uitdagings wat nie oornag sal verdwyn nie maar glo my as ek vir jou se dis nie net alles sleg nie. Geniet jou dag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.