Polisieman vas oor vuurwapen

Argieffoto

ʼn 26-jarige polisiebeampte sal na verwagting Vrydag in die Springbok-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn vuurwapen van die polisiestasie in Kleinsee in die Noord-Kaap gesteel het.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die vuurwapen is na bewering verlede Vrydag vanuit die stasie se stoorkamer gesteel.

Mnisi sê ʼn voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat daar geen gedwonge toegang tot die stoorkamer was nie. Dit blyk dat ʼn sleutel gebruik is om toegang tot die kamer te kry.

“Verdere ondersoeke het gelei tot die ontdekking van ʼn verskeidenheid ammunisie en magasyne (patroonhouers), toegedraai in ʼn koevert, buitekant die stasie,” sê Mnisi.

Die Valke het ʼn .38-rewolwer gevind wat in ʼn huis in Okiep, Springbok, weggesteek was. Die vuurwapen is klaarblyklik in die polisiebeampte se kamer gevind. Hy is terstond in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Cele moet die Polisie suiwer van hierdie misdadigers en die Burgers met rus last.

johanf ·

En Cele sê misdaad syfers is rooskleurig, met die laer statistieke, of tel net sekere oortredings….?

Anoniem ·

En van ons word daar verwag om ons wapens aan die SAPS oor te handig? Perish the thought!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.