Polisieman vas vir korrupsie

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Wes-Kaapse polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy ingestem het om ’n selfoon en dagga na ’n gevangene in die polisieselle te neem in ruil vir kontant – min wetend dat dit deel was van ’n operasie deur die polisie se teenkorrupsie-eenheid.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê ’n agent het die polisiebeampte, verbonde aan die Bellville-Suid-polisiestasie, Vrydagaand genader en gevra om die selfoon en dagga na ’n gevangene in die selle te neem. Die polisiebeampte het ingestem en R300 vir sy dienste ontvang.

Die polisiebeampte is later in die besit van die selfoon, dagga en kontant in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Maandag in die plaaslike hof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mudguard ·

Nog een? Dan is daar nog net twee eerlike poliesmanne oor !!!

Persheks Adri ·

Cele se trots die klomp in uniform pffft. Gooi jou naam weg vir R300 so nie die moeite werd nie! Is daar nog enige uniforms wat nie betrokke is by korrupsie nie joh?

Regverdigheid ·

Dan verwag jul mense moet wet gehoorsaam , as polisie ook nie eers meer vertrou kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.