Polisiestasie van wapens beroof

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Alle moontlike hulpbronne is gemobiliseer om te verseker dat die rowers wat ‘n polisiestasie in Mpumalanga beroof het, vasgetrek word.

Só het lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, gesê nadat die Kwaggafontein-polisiestasie Woensdagaand beroof is.

Sy het die versekering gegee dat die rowers blitsig vasgetrek sal word.

Volgens berigte het ses verdagtes op die polisiestasie toegeslaan. Daar is glo met haelgewere, R5-aanvalsgewere, handwapens en ammunisie op die vlug geslaan. Polisiebeamptes is glo ook van hul selfone beroof.

Die provinsiale polisie wou egter nie meer besonderhede oor die voorval bekend maak nie. Brig. Selvy Mohlala polisiewoordvoerder, het net bevestig ‘n ondersoek is aan die gang en dat daar later meer inligting bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Henri ·

Dis ‘n skreiende skande. Dan moet gewone burgers bewys hulle verhoed wapendiefstal en moet oor allerhande hekkies spring om ‘n wapenlisensie te kry en te behou. Maar die kriminele stap in die polisiestasie in asof dit ‘n “one-stop-shop” vir wapens is…

lollapot ·

Soms weet ek nie of ons moet lag of huil nie.., as opgeleide lede MET wapens, beroof word aan diens, wat is ONS gewone burgers se kans vir oorlewing?

miche ·

Klink my dis makliker ( en vinniger ) om aanvalsgewere en ander wapens uit ‘n Polisiekantoor te buit as wat dit is om met ‘n Polisie-stempel op ‘n
dokument daar uit te loop.
Hoe gebeur dié dinge?

Anel ·

So, is hulle nou al gevang? Dit is wat blitsig beteken. Dis al Vrydag en hulle het seker nog nie ‘n idee van wat gebeur het nie. Moet nog wakker skrik. Môre hoor ons van nog ‘n gewapende roof en moord. Swak …!

Jr ·

Ha ha ha, lag ek nou so lekker. South Africa’s version of ” Police Academy”. Hierdie sou eintlik so snaaks wees as dit nie so onrealisties was. CLOWNS THAT CALL THEMSELVES POLICE – NOTHING BUT GLORIFIED CAR GUARDS.

Jr ·

Sorry u is heeltemal reg. Ek dink hulle sal beter doen as hierdie klomp mkhonto wat sweets soek

SjN ·

Hoedeman sal private beskerming moet kry vir sy onbevoegde kaders. Pateties, kry hul nie skaam nie.

Nie Verbaas ·

Wat n grap. Was lede besig om Kentucky te eet of te slaap tydens die aanval?

Andries ·

Sal daar enige dissiplinêre optrede teen die lede wees wat hulle laat beroof het? Hoe weet mens dat hulle nie kop in een mus was nie?

Jr ·

Ja op spesefieke tye uitgelê vir dit. Called tea time and lunchtime. Nie soos hierdie paddakoppe dag en nag.

mattk ·

En is enigiemand verbaas om dit te hoor? Dit gaan mos lekker in ANCancer beheerde land. Die SAPD het mos tv’s in die aanklagte kantore sodat personeel nie na-ure verveeld rond sit nie en hul waaksaamheid is om die rede zero. Wonder net wat Bekkie Cele hieroor sê?

Burgermeester ·

As die polisie nie eers in staat is om hul eie bates te kan beskerm teen kriminele elemente nie, hoe verwag hulle om ons teen kriminele te beskerm. Diè is net nòg ‘n voorval wat bewys hoe onbevoeg die SAP is.

JM ·

Dat ‘n polisiestasie waaragtig aangeval word!! Hoe arrogant! Ek het foto’s gesien hoe polisielede, wat veronderstel was om op diens te wees, ALMAL in die stasie vas aan die slaap is! WAT ‘N SKREIENDE SKANDE!

PieterJ ·

Die ou sê-ding kom weer by my op “SAP, SAP, ons het almal standerd twee.”

Waarnemer ·

Niks verbaas my meer nie…hoeveel keer is nou op sosiale media gewys hoe slaap die manne en “dames” in blou aan diens.

Riaan ·

Dit is wat gebeur as die polisie nie meer gevrees word nie, en gesien word as maar net nog ‘n plek om te beroof. En dit is die polisie (Regering) se eie skuld. Met so baie lede wat self kriminele rekords het, en hulle self skuldig maak aan ‘n wye reeks oortredings is ek werklik nie verbaas nie.

domheks ·

cele moet dink aan aftree! Dit is ‘n skreiende skande. Hoe kan hulle die publiek (wat hul salaris betaal) beskerm as hulle nie eers wapens in hulle besit kan beskerm nie? Ons SAPD het onder cele ‘n verleentheid vir SA geword. En ramaparra doen NIKS!

Hennie ·

Sal nie verbaas wees as dit uitkom dat hulle eie mede lede die aanvulling kom doen het nie.

Christelle ·

SAPD lede is ook net gewone mense en deesdae word hulle voor die voet geskiet terwyl hulle self 2 keer moet dink voor hulle n vuurwapen mag gebruik.
Op n nagskof is daar nie baie lede in die aanklagkantoor nie, afhangende van die stasie grote, tussen 2 en 5, so duidelik was hulle dalk in die minderheid teenoor die misdadigers.
Nie al die SAPD lede is soos die video clips wat soms in die rondte gestuur word nie, die publiek is vinnig om klippe te gooi en te beledig, wag tot jyself in so n situasie kom, dan praat ons weer.

KatjieDeKat ·

Jy kan maar verskoning maak maar in die ou dae sou jy net n polisiestasie probeer beroof het as jy ernstige selfmoordneigings gehad het!

Watsenaam ·

Ag nee wat, hierdie is net “affirmative shopping” die polisie is kop in een mus met die diewe. Mooi saamgewerk.

Swerwer ·

Mooi man, die ANC het weer wapens nodig. Nou waar is Cele, sy mond is gesnoer.

JohanR ·

‘n Polisiestasie wat beroof is. Net in SA, en net onder die ANC!

Fran ·

Ek sê niks MM. Hiermee spaar ek julle ‘n moderering. Lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.