Polisievrou in hof oor vuurwapenlisensie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Polisiekaptein van Kaapstad het Donderdag saam net nog ʼn verdagte in die landdroshof in Stellenbosch verskyn op aanklag van bedrog, vervalsing en uitgifte van dokumente.

Busisiwe Linda Dyani (44), verbonde aan die Mfuleni-polisie naby Eersterivier, en Makhenke Sokoyi (33) is Dinsdag in hegtenis geneem.

Dyani word daarvan beskuldig dat sy ʼn vals vuurwapenlisensie aan ʼn handelaar gewys het om ʼn Musgrave-jaggeweer, waarvoor sy reeds betaal het, af te haal.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het die handelaar agterdogtig geraak toe hy sien die lisensie is aan ʼn sekerheidsmaatskappy uitgereik, wat op sigself buitengewoon is.

Die vuurwapen is op 9 April betaal en op 6 Mei afgehaal. “Die handelaar het die polisie ingelig en Dyani is deur die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in hegtenis geneem.”

Sokoyi het Dyani glo gehelp om die lisensie te bekom. Die saak teen die twee is tot 16 Mei uitgestel wanneer Sokoyi na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Dyani is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Neels ·

Dankie mnr vuurwapen handelaar dat U eerlik was en dankie Valke vir julle spoedige optrede. Wys net weer ons eerlike vuurwapen eienaars word gekeer om n lisensie te hernu maar die koruptenaare in die polisie is bedrywig vir n paar ekstra rande

Hennie ·

Dis nou ook al ‘n ou storie waaraan ons gewoond geraak het om polisie beamptes te sien wat geboei is. Niks meer snaaks daaraan om te weet hulle is ‘n bron van misdaad in ons land nie.

Koos de Meyer. ·

Wat maak ‘n polisie vrou met ‘n jaggeweer in die stad. Ek wag 3 maande vir my pistool lisensie vir sport skiet. Dan nog ‘n hoop motiverings maar ja.

Cherokee ·

Koos, dit mag van die tema van die berig afwyk, maar na aanleiding van wat jy sê, op Woensdag die 3rde Januarie het ek ‘n SMS ontvang dat die lisensie vir die rewolwer wat ek gebruik vir skyfskiet hernu is. Dit is nou in die 4rde maand daarna en ek het dit steeds nie ontvang nie. Ekhet ‘n pistool lisensie om nou te hernu en dit sal seker ook net so lank neem om uitgereik te word.

anni ·

Gaan jag maak op almal wat negatiewe insette lewer oor SAPD, veral di wat onskuldig is?

Jacques ·

Dit is die mense wat die gewone burgers moet beskerm , nou wat nou ? Hoe kan mens hulle vertrou ? Jy kan nie !!

Anti-Haas ·

Die Polisievrou is dadelik uit op R2000 borg…….. Nie eers die selle gesien nie?????
Die ander verdagte word toegesluit en kan eers op 16 Mei aansoek doen om Borg??
Wat maak die Polisievrou dan nou so spesiaal??? Sy moet beslis toegesluit gewees het tot 16 Mei. Dubbel standaarde???? Uiters swak. Sy ken seker lede by die Valke of dalk familie…..

Jepetto ·

Die Jagseisoen het oopgemaak sy wou seker a bokkie met haar uie geweer skiet en konnie wag vir haar lisensie . Wel sy het a groot prys vir haar despiraatheid betaal

SjN ·

Definitief nie die eerste keer dat dit gebeur het nie, verseker deel van onwettige stropery. Hoe hoer die rang, hoe hoer die korrupsie.

anni ·

Lag nou oor j laaste sin se woorde sonder Koppeltekens, ?hul gaan dit anders lees?

ZET ·

As jy wil skelm wees moet jy seker darem bietjie slim ook wees.

marous ·

Wat se kaliber wapen ? Die kaliber persoon is duidelik die trots van die blou mag …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.