Die Springbok-losskakel Handré Pollard is ná die afgelope naweek se wedstryd teen Tonga die rugbyspeler wêreldwyd wat die sesde meeste punte tydens ʼn Wêreldbekertoernooi aangeteken het.
Wêreldrugby het dié statistieke Maandag bekendgemaak. Pollard het Sondag vier doelskoppe (12 punte) aangeteken, wat beteken dat hy nou al 170 punte in ʼn Wêreldbeker aangeteken het. Hy het Sondag nie een skop óf een van sy sewe duikslae gemis nie.
Pollard het een plek opwaarts beweeg op Wêreldrugby se ranglys en is nou gelyk met die oud-Nieu-Seelandse losskakel Grant Fox, wat ook 170 punte in sy loopbaan aangeteken het. Fox was deel van die Kiwi-span wat die Wêreldbeker in 1987 gewen het.
Heel boaan Wêreldrugby se lys is Jonny Wilkinson, die voormalige Engelse losskakel, met 277 punte tydens ʼn Wêreldbeker aangeteken. Dan Carter, die oud-Kiwi-losskakel, is vierde, met 191 punte.
Nicolas Sanchez, Argentinië se losskakel, is ʼn nuwe toevoeging tot die lys nadat hy Saterdag ʼn allemintige 20 punte teen Chili aangeteken het. Argentinië het die Chilene met 59-5 geklop. Sanchez het ook Saterdag sy 100ste toets vir die Poemas gespeel.
Hier is die top tien puntemakers ooit in ʼn Wêreldbekertoernooi:
Sy teenwoordigheid in die span verbeter die bokke se kanse on die vierde keer die RWB te wen.
Die ABs sal die Proteas floor, met of sonder Pollard.
Hulle moet eers Ierland #1 n die wereld wen.
Hoop jy seker. Onthou 16-52, sonder Pollard ?
Dis maar net omdat Manie in daai wedstrtyd gespeel het dat ons so baie punte kon aanteken.
Ha ha die bokke het die 2019 WB gewen omdat Handre in die semi final en finaal gespeel het.
Baie amper teen Wallis verloor juis omrede die up and under gemors.
Snert. Dit was sy leierskap en akkurate skopwerk pale toe, toe dit saakgemaak het, wat die wedstryd gewen het.
Ons sal nie weer die beker wen met up and unders soos laaskeer nie. Vergeet maar daarvan.
Nou vra ek hoekom het Rassie hom nie van die begin af ingesluit in die Bok span nie?
Toemaar ek weet die antwoord.
Ek dink hy was beseer.
Sover my kennis strek was hy beseer gewees Vuurvliegie ….
En nou ewe skielik is hy gesond.
Wonderwerke gebeur nog
Toe die Proteas teen die ABs in London gespeel het het Pollard volspoed saam met sy klub geoefen.
Dieselfde met kolisi, ernstig beseer, en skielik is hy reg om te speel, dit bly n raaisel nê…nie dat hy regtig n verskil maak nie
Wel gedaan, Handré!
Pollard het 8 punte aangeteken, nie 12 nie. Was nie strafskoppe nie, was drieë wat hy verdoel het
Hoekom is die beste puntemaker nie in die span van die begin af nie… Wonder wat die rede kan wees….