Tydens Koekemoer se vorige verskyning op 18 November is daar versoek dat die saak tot vandag uitgestel word, wanneer Koekemoer gereed sal wees om met sy borgtogaansoek te begin.
Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, het Koekemoer se vorige hofverskyning bygewoon. Hy het soos talle ander mense in die hof ʼn pienk hemp aangehad ter nagedagtenis aan Poppie.
Van der Merwe het buite die hof aan verslaggewers gesê sy hartseer oor die dood van sy dogter is onbeskryflik. “Niemand sal my seer ooit verstaan nie. Die regstelsel het Poppie gefaal.” Hy het ook die polisie en maatskaplike werkers daarvan beskuldig dat hulle eensydig opgetree het.
Koekemoer is by sy huis op ʼn plaas in Mamogaleskraal naby Brits, op die Letlhabile-pad, in hegtenis geneem ná Poppie se dood. Sy het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat Koekemoer haar glo erg geskop het.
Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.
Is hy nie bang nie? As hy weet wat is goed vir hom bly hy waar hy is want as hy gaan borg kry kan hy verseker wees dat daar n hele paar manne is wat vir hom wag.
wipgat ek stem saam jou laat kook my bloed hy gaan moet vlug as hy op borgtog vry gelaat word want glo my in limpopo wag ons vir hom elk dorp elk stad gaan hy nie veilig wees,ni
borgtog om te wat??…….om nog ‘n keer jou vuiste en voete te gebruik? Behoede die persoon wat hom inneem terwyl hy op borgtog is….want vaste adres gaan hy moet gee!!!
Gevoellose monsters is nie bang nie. Ek hoop nie hy kry borg nie. Hy moet nie weer daglig sien nie!!!!
Ag ek hoop so die ou kry borgtog, want ek wil sien hoe hierdie klomp internet Rambo’s hom gaan slaan..
Altyd grootbek op die internet, maar kan niks verder doen nie.
Lekkerlag, toe nie hoor.
Jy’t blykbaar vergeet wat met Poppie se ma gebeur het….
Lekkerlag, jy is reg! Ek dink nie die mense wat so wil “wraak neem” het die brass om dit te doen nie. Al wil hulle die teendeel verduidelik.
As hierdie man borgtog kry gaan die gemeenskap hom beet kry so, laat hy maar kry as hy wil.
Die Polisie, maatskaplike werkers maar meeste Landroste moet skuld kry. Landroste wat moet saam tronk toe gaan. Dan sal Suid -Afrika regkom
Sjoe, ons is bloeddorstig!!! Maar ek kan dit glad nie eers verdra dat mans wat baklei, die persoon wat geval het, skop nie, so julle kan dink hoe verafsku ek n groot monster wat so n klein lyfie van n onskuldige kind, so kan vermorsel!!!
Ek wonder maar net wat Poppie se biologiese pa vir homself dink. Het Poppie se ma nie van hom geskei omdat hy hulle ook maar verniel het nie? Hy het haar mos ook geslaan. Ek het niks maar niks tyd vir hierdie Koekemoer moordenaar nie maar die biologiese pa, volgens die ma, was ook maar niks beter nie. #wondermaarnet
Vettie – Na die berig in Huisgenoot is dit duidelik vir my dat die ma ‘n leuenaar is. Sy het geweet die kinders word verrinneweer en het bloot niks gedoen nie. Ek glo die kinders sou beter af gewees het by hul pa.