Porterville-leerder sterf in ongeluk, maats beseer

Raylan Theron. (Foto: Facebook)

ʼn Leerder van Hoërskool Porterville in die Wes-Kaap is vroeg Vrydagoggend dood nadat ’n motor hom en twee ander leerders Donderdagaand getref het toe hulle op die sypaadjie gestap het. Die voorval het ongeveer 20:00 in Melkbosstrand plaasgevind.

Raylan Theron (14) is weens sy beserings dood, terwyl ʼn gr. 11-leerder, Eduan Fourie, tans vir ernstige beserings in die Groote Schuur-hospitaal behandel word. ʼn Derde leerder, Chris Tosen (17), was ook in die ongeluk betrokke, maar is nie ernstig beseer nie.

Die skool het Woensdag telefonies aan Maroela Media gesê dat hulle nie al die besonderhede oor die voorval het nie. Volgens hul inligting was twee voertuie in ’n ongeluk betrokke waarna een van dié voertuie die drie seuns langs die pad getref het.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn saak van strafbare manslag ondersoek word. Hy het egter nie oor die voorval uitgebrei nie.

“Geen inhegtenisnemings is gemaak nie. Die ondersoek na die saak duur voort.”

In ’n e-pos aan Maroela Media het die skool Raylan as ’n “beleefde seun met baie talent” beskryf.

Die boodskap op Hoërskool Porterville se Facebook-blad. (Foto: Facebook)

“Hy het uitgeblink op rugby-en swemgebied. Hy het ook aan sêr deelgeneem en was gewild onder sy vriende. Ons sal hom mis,” het Ninien Breytenbach, ʼn onderwyseres aan die skool, gesê.

“Chris Tosen en Eduan Fourie was saam met Raylan tydens die fratsongeluk. Ons is dankbaar dat Chris geen ernstige beserings opgedoen het nie. Eduan is tans in die Groote Schuur-hospitaal. Ons bid hom ’n spoedige herstel toe.”

Raylan se pa, Riaan, het in ʼn roerende huldeblyk aan sy seun op Facebook gesê dat sy hart leeg is.

Riaan sê sy seun het baie lewens aangeraak en verander en dat hy sy lewe voluit geleef het.

Die skool het intussen ’n geldinsamelingsinisiatief van stapel gestuur om Eduan en sy gesin met mediese onkoste by te staan. Luidens die inskrywing op die skool se Facebook-blad het Eduan ernstige beserings opgedoen en gaan hy waarskynlik nog geruime tyd in die hospitaal deurbring.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Innige Simpatie en meegevoel met sy ouers en naasbestaandes asook vriende .

LIEZL ·

En mense is veronderstel om 60km/h te ry in ‘n dorp en Melkbos het juis baie voetgangers.
So jammer vir jul verlies, dis hart verskeurend

T ·

So jammer vir die slegte nuus van sulke pragtige jongmense. Melkbos is tog n stil dorpie , ek Kan nie dink dat so iets gebeur waar 2 karre betrokke was en dan in kinders inry nie. Iemand moes gejaag het… Mag hulle die bestuurders vind en aanspreeklik hou. Dis innig hartseer. Baie sterkte aan almal betrokke by die saak. Innige meegevoel aan die pragtige jongman se vriende en families. Ons bid vir julle.

Chantel ·

Dis bitter hartseer, innige meegevoel met ouers, familie en vriende

Skappie ·

Enige simpatie aan sy ours, vriende en die res van die familie. Mag onse Liewe Heer julle almal deur dra en styf vashou in Sy arms, in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle. Mag sy maats heeltemal herstel.

QueenB ·

As jy lees van n seun of dogter wat skielik oorlede was die een altyd n uitblinker in alles wat hy/sy aanpak dus so baie sad..maar dit bewys weereens die Here praat baie hard met ons Hy vat die wat Syne is, Sy uitblinkers Sy Sterre om te skyn uit die Hemelruim neer op ons wat oor is..sterkte aan sy familie mag sy ster helder oor hulle skyn

Anel ·

Innige meegevoel aan al die ouers en maats. “Nog geen inhegtenis is gemaak nie”. Nou ons hoef nie verder daaroor uit te bry nie want ek dink ons weet almal wat die rede is. Tensy druk uit geoefen word glo ek maar baie swaar dat iemand verantwoirdelik gehou gaan word!! Hierdie is maar net my opinie!

Marcello ·

Sterkte aan die familie wat ‘n kind verloor het, asook aan die familie wie se kind in die Hospitaal is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.