Poskantoorwerkers gyselaar gehou tydens roof

Argieffoto. (Foto: eNCA)

Werknemers van die poskantoor is gyselaar gehou en een mens geskiet toe rowers Woensdag op ʼn poskantoor in Ackerville buite Witbank toegeslaan het. ʼn Onbekende bedrag kontant is gebuit.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die verdagtes die poskantoor binnegekom terwyl werknemers betalings gemaak het aan begunstigdes van die regering se maatskaplike toelaes,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga. “Die verdagtes het die werknemers gyselaar gehou en beveel om die kluis oop te maak. Hulle het ʼn onbekende bedrag gevat en toe een van die bystanders geskiet.”

Volgens Hlathi het die verdagtes van die toneel in ʼn Volkswagen Polo met rooi kantspieëls gevlug. Hulle het glo op die N4 na Gauteng koers gekry.

ʼn Saak van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek.

“Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kol. One Thobejane by 082 372 2195 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

ANC moet baie trots wees op wat hulle gekweek het. Ne mnr Cele wat deesdae heeltemal stil is?

Maritha ·

Baie skurke met maskers word dan poskantore toe gelok met R350. Eks gladnie verbaas nie. Ek self moes al my kar se lisensie gaan hernu, maar kan nie naby ń poskantoor kom nie

Excalibur ·

Lafhartiges maak jag op sagteteikens soos die Publiek en ondersteuningsdienste. Dieselfde modes operandi van die destydse MK wat nie die SAW in die gesig kon staar of aanvat nie maar nes die Kakies van ouds hul sukses aan terrorisme en verneukpolitiek kon toedig. Ek stel voor Oom Cele dat elke potensiele misdadiger wat sy/haar hand op ‘n wapen plaas om n ander skade te berokken sy ‘Grondwetreg as Burger en persoon’ uit vrye keuse afstaan/verloor en outomaties deur ‘n regstellende aksiewet “voelvry” verklaar word. Voeg daarby dat die wat jeens misdadige optrede gedood word moet binne 24uur in ‘n unieke armlastige begrafplaas slegs vir misdadigers sonder seremonie ter aarde bestel word… Kom ons sien dan wie is braaf genoeg om ons SA babas, kinders, tieners, volwasenes, middeljariges, bejaardes, siekes, verswaktes, vroue, dogters, boere, ondersteuningsdienste en SAPD wil durf aanvat of leed aandoen. Dit is mos ‘n eenvoudige, vrye onrasistiese en ope gelke beregtigingskeuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.