Posmeester glo meesterbrein van rooftog by poskantoor

(Argieffoto)

’n Posmeester van die poskantoor op Dordrecht in die Oos-Kaap wat glo die meesterbrein agter ’n rooftog vroeër die maand by dié poskantoor was, het Dinsdag saam met vier ander verdagtes in die hof verskyn. Nagenoeg R720 000 se kontant is tydens die rooftog gebuit.

Die beskuldiges het Dinsdag in die landdroshof op Dordrecht verskyn om aansoek om borgtog te doen. Hul borgtogaansoek is tot 22 September uitgestel wanneer hulle weer na verwagting in die hof sal verskyn. Hulle sal tot dan in aanhouding bly.

Onder die posmeester se medebeskuldigdes is ’n buitelandse burger en ’n regeringsamptenaar, wat tydens die rooftog die bestuurder van die wegkommotor was.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê daar is op 2 September omstreeks 14:00 ’n groot bedrag geld, glo op versoek van die posmeester, by die poskantoor afgelewer. Hy sê drie gewapende mans het na bewering ’n uur daarna, omstreeks 15:15, die poskantoor binnegekom, die veiligheidswag oorrompel en sy wapen afgevat.

“Twee van die verdagtes het oor die toonbank gespring en vuurwapens op die twee werknemers wat aan diens was, gerig en geld geëis,” vertel Tonjeni.

Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir veiligheid in die Oos-Kaap, sê sowat R600 000 is die dag afgelewer, maar die rowers het met sowat R720 000 te voet gevlug. Sy het bevestig dat ’n groot bedrag van dié gesteelde geld vir die duisende ontvangers van die Covid-19-noodtoelae  bedoel was.

Tonjeni sê twee van die rowers, insluitend ’n Burundese burger, is die volgende dag op Komani, sowat 75 km van Dordrecht, in hegtenis geneem. ’n Groot bedrag geld is in hul besit gevind.

Later dieselfde dag is ’n beampte van die departement van gesondheid, wat die rowers glo voor en na die rooftog vervoer het, by sy huis op Komani aangekeer. Volgens Tonjeni het hy meer as R250 000 se kontant en ’n vuurwapen, wat by die poskantoor se veiligheidswag afgevat is, in sy besit gehad.

“Die beampte het erken dat dié geld deel is van die posmeester se aandeel van die rooftog.”

Die posmeester en nog ’n verdagte is die volgende dag in hegtenis geneem.

Tonjeni sê al vyf verdagtes het hul betrokkenheid by die misdaad erken, insluitend die posmeester wat die vermeende meesterbrein agter die rooftog was.

Duda Elvis (41), Mzulama Man (42), Mbube Zanozuko, (42), Peter Luzuko (38) and Sitsha Sikhumbule (36) staan tereg op aanklagtes van sakeroof en het op 7 September hul eerste hofverskyning gemaak.

Tikana-Gxothiwe het die polisie se vinnige reaksie om die skuldiges vas te trek geloof en gesê geregtigheid moet geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

Weereens, welgedaan ANC met julle wetteloosheid wat julle gekweek het. Die huidige toestand van Suid Afrika en julle lede se persepsie van ” dit kom ons toe” is te danke net aan julle.

MakersMark ·

Waarom bestaan die instansie nog ? Seker die swakste bestuurde instansie op die planeet. Het groot skade gely deur van dienste gebruik te maak. Vanaf Mr. Skuur tot Mr. Lees ewe ellendig niks verander nie.

saggiespraat ·

Ag jinne, Ons nog nie eers gelees dan weet ons al almal dus “Inside information” DUUUUU
Skrik wakker ANC julle koffie is al koud…

jzjz05 ·

Dit is nie ongewoon nie,die vyf was maar dom en is gevang,ander doen dit vir miljoene en die beste van als, hulle gaan net aan as of niks gebeur het nie.Die polisie kort n bonis ,ek hoop net die gereg doen nou ook sy daal oordenklik.

Sarel ·

BEE aanstelling en moet familie wees van iemand hoog op on die ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.