‘Premier aandadig aan geweld in Coligny’

‘n Plaashuis is in Coligny aan die brand gesteek tydens betogings (8 Mei 2017) Foto: Molaoe Montsho, African News Agency

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het vandag gesê die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, moet medeverantwoordelikheid aanvaar vir die vandalisme wat vandag op Coligny aan die gang is.

Mahumapelo het gister by die seun se begrafnis nog voor die hof se uitspraak Afrikaners by name van rassisme en die dood van Matlhomola Mosweu beskuldig. Mahumapelo het luidens ʼn mediaberig op die begrafnisdiens van die seun onder meer gesê die seun is dood “in die hande van wit mense”. Hy het ook gesê die mense “in wie se hande” die seun was met sy dood, is “Suid-Afrikaners en Afrikaners van Coligny”.

Woedende inwoners van Coligny het Maandag ʼn huis op ʼn nabygeleë plaas aan die brand gesteek nadat die hof twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat het.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) is albei vroeër op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Doorewaard en Schutte word aangekla van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan vat. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Volgens die beskuldigdes het Mosweu van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood. Die staat beweer Mosweu is van die bakkie af gegooi.

“Dit is nou die tyd vir leierskap om die krisis te ontlont en nie om die tragiese dood van ʼn kind te misbruik om mense met rasse-uitsprake op te sweep nie,” het Buys gesê.

Solidariteit gaan môre ʼn klag teen Mahumapelo by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aanhangig maak en gaan ook later in die week die VN se komitee oor rassediskriminasie in Genève oor die gebeure inlig.

“Ons doen ʼn beroep op die SAPD om mense en eiendom in Coligny te beskerm en om diegene wat hulle aan vandalisme skuldig gemaak het aan die man te bring,” het Buys gesê.

Die Solidariteit Beweging is bereid om te help om die krisis te ontlont en sal graag met die premier in gesprek wil tree oor die proses om vrede in Coligny te herstel. Die situasie in Coligny is ernstig, maar daar is nie rede vir paniek nie. Die distrik se buurtwagte is goed georganiseerd en is gereed om die SAPD by te staan waar nodig. AfriForum het ook ʼn span na Coligny gestuur om bystand te lewer.

Ons doen ʼn beroep op die publiek om hulself van die feite te vergewis en nie ag te slaan op die talle wilde gerugte wat tans die ronde doen nie.

“Premier kleur Coligny-moordsaak met rassekwas in”

Intussen het die VF Plus gesê die hof se besluit om borgtog toe te staan aan die twee mans is gegrond op gesonde regsbeginsels en in die lig daarvan is dit betreurenswaardig dat Mahumapelo die voorval as rassisme probeer uitbeeld, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.

Groenewald sê die VF Plus vra dat die res van die saak nou ongehinderd sy gang moet gaan, en dat mense soos Mahumapelo hom van verdere rassistiese uitlatings moet weerhou.

Volgens Groenewald kan dit die gemoedere opjaag indien Mahumapelo met sulke uitsprake voortgaan, en die premier sal dan pa moet staan indien daar weer gewelddadige betogings rondom die saak ontstaan.

“Wanneer wit persone deur swartes vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie omgekeerd is, maak die ANC rassisme daarvan. Dit is onaanvaarbaar. Mahumapelo kan gerus sê hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor te sê gehad het.”

Die VF Plus verwelkom die hof se siening dat hy nie sal swig voor die intimidasie van oproermakers nie. Suid-Afrika is ʼn regstaat en dit sou kommer wek indien regspleging in die saak wel daardeur beïnvloed sou word.

“Die VF Plus wil benadruk dat die reg nie net in hierdie saak nie, maar in alle strafsake in Suid-Afrika, sonder enige inmenging of intimidasie toegelaat moet word om sy gang te gaan,” sê Groenewald.

Coligny tans rustig, situasie word gemonitor

AfriForum raai mense aan om paraat te bly na vandag se onluste wat in Coligny uitgebreek het na afloop van die suksesvolle borgaansoek in die saak teen Pieter Doorewaard en Phillip Schutte. Die dorp is tans rustig soos bevestig deur AfriForum-veiligheidstrukture en die polisie op grondvlak.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die polisie gesukkel om oproeriges uit die dorp te verwyder, maar handhaaf tans orde. Groot skade is aan verskeie eiendomme aangerig en brande is ook gestig. “Ongelukkig is dit so dat betogers momentum gekry het, maar daar is ’n baie groot polisieteenwoordigheid op die dorp en volgens Khomotso Phahlane, die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), is daar versterkings op pad.”

AfriForum het ook ’n privaat sekuriteitsmaatskappy betrek om die gemeenskap by hul eiendomme te beveilig.

“Ek wil asseblief vir mense vra om nie enige fopnuus of vals berigte te versprei of reg in hul eie hande te neem nie. Mense kan wel hulself en hul eiendom te beskerm binne die raamwerk van die reg. Die gemeenskap moet verantwoordelik optree deur by bestaande plaas- en buurtwagte in te skakel wat weet hoe om hierdie situasies te hanteer. AfriForum sal binne die volgende 24 uur nog afgevaardigdes na Coligny stuur om die gemeenskap by te staan,” sê Cameron.

Brigadier Sabata Mokgwabone het Maandagaand aan Maroela Media gesê die situasie is tans rustig, maar daar is steeds ʼn groot polisieteenwoordigheid wat die gebied monitor. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die brande nie.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ray Lombard ·

Eis skade vergoeding by daardie onverantwoordelike idioot van ‘n premier. Kla hom sommer aan vir rassisme en haatspraat. En kom ons kry sommer perspektief, minder as 1% van die lokasie het deel geneem aan hierdie fiasko. Dit was kriminele wat opgetree en geplunder het, en nou Media wat dinge aanblaas en politikuste wat munt probeer slaan uit die situasie.

Tanya ·

Ek kon dit self nie beter se nie Ray Lombard, jy slaan die spyker 100% op die kop!

john samuel ·

Laat ons weet hoe daardie idee vir jou uitwerk hoor…

Franco ·

Hoekom is dit nodig om die mense so te waarsku om nie te oorreageer nie? Hoekom word die hele video nie deur julle gewys nie? Het die joernalis op privaat eiendom oortree? Is die man die eienaar of bewoner van die huis? Het hy geweier om die eiendom te verlaat? Die aanvallende optrede deur die joernalis kan duidelik gesien word. Hy het die man met sy bors op ‘n uittartende manier gestamp. So lank die mense net nie oorreageer nie. Ga.

Johan ·

Franco, Voor daardie skouerloop het hy die boer eers met die hande gestamp, die boer het hom weggestamp maar die fotograaf het dit toe goed gedink om die boer te skouer wat ñ klein foutjie van sy kant was!
Wat vir my nou die ergste is dat almal, terwyl die video gespeel word, daar nie eets gesinspeel word nie maar sommer reguit gesê word dat die boer die aanrander is in plaas van te noem dat die sogenaamde “swart” fotograaf die aanstigter en uitlokker was!

Henk ·

Ek verstaan nou nie. In die berig word genoem dat dit inwoners van Coligny is wat betoog en amok maak omrede hulle ontevrede is met die hof uitspraak. Klink nie vir my reg nie, dit is inwoners van die township en nie die dorp wat skuldig is aan brandstigting, ens . dan nie ?

lw ·

Tree teen hom op. Hy moet verantwoordelikheid neem vir sy dade. Mense soos die dr wie se huis afgebrand is, het 27 jaar geneem om sy besittings op te bou, terwyl die hooligans nog nie eens een behoorlike dag gebruik het om hul lewe te bou nie.
Ons is sat en keelvol dat ons wittes as sondebokke uitgekryt word terwyl ons sedert die vroeë 90’s ons samewerking gegee het tot ñ veilige demokrasie, die land probeer opbou en belasting betaal.
Maar ons word voor die voet uitgemoor omdat ons konsuis wit monopolie kapitaal is en sogenaamde wit bevoorregting. Terwyl ons ons mede swart landgenote verdra.
Terwyl jul aankla, kla sommer die media ook aan vir eensydige beriggewing. Die pa is vandag op News 24 snot en trane oor sy seun wie se toekoms van hom ontneem is. Terwyl hy vir weke nie geweet het waar sy seun is nie en die ouderdom van die oorledene ñ paar keer aangepas is – wat sê dat sy ouers nie goed na hom omgesien het nie.

AL ·

Ma’s gooi hul babas in asdromme of vullishope weg, waarom hoor jy nie van gewelddadige betogings wanneer so ñ moord gepleeg word nie?
S A se mense behoort hul te skaam.

joe ·

Kan iemand vir my se hoe moet jy jou goed en gesin beskerm as hulle met wapens daar is en jy mag nie skiet nie!!!

VERITAS ·

Joe daar bestaan nie iets soos ‘jy mag nie skiet nie’. Indien jou of jou familie se lewens bedreig word, mag jy skiet. Die wet vereis egter dat jy nie iemand wat besig is om te vlug en dus nie meer ‘n bedreiging is nie, mag skiet nie. As jy aangeval word mag jy jou vuurwapen gebruik.

fritz breitenbach ·

VERITAS jou vrou mag hulle skiet as sy bedreig word volgens die wet

Boerseun ·

As hy weghardloop in die rigting van die huis, en jou vrou en kinders is binne en jy vrees hy wil hulle kwaad aandoen kan jy hom skiet as hy weghardloop van jou af.

Dankbaar ·

Dankie Afriforum vir julle hulp! Deel asb met ons almal riglyne hoe ons ons huise, lewens en besighede kan verdedig binne die raamwerk van die wet?

pieterdp ·

Kan Afriforum met hul regs span nie die wat skade gely het help met n ys teen die ANC LPs as ook die primier wat rase haat aan blaas om so doende hul eie tekortkominge te verdoesel nie.
Dis nie reg dat ons as blankis ons moet gedra en die howe se uitspraak net moet stilte aan vaar nie.
Wat se vooreg het die swart nasie dat hul kan weg kom met dit wat hul doen nie??? Ons is almal in n niewe bedeling en die wette staan vir elke van ons.

Johann ·

Als deel van die ANC se anargie beleid! Breek brand verwoes steel vermoor…als in die naam van “rassisme”, regverdig enige opmerking. Terroris toepassing van Afrika Demokrasie!!!!!

Really ·

Dankie dat julle iets aan die uitspraak gaan doen. Maar asb hulle stuur polisie om die mense te gaan beskerm as ek reg is, probleem dir ekstra polisie het gestaan en kyk hoe die huise aan die brand gesteek is en niks gedoen nie en dan het hulle geen “rubber bullets of gas” saam gevat nie en volgens hulle mag hulle nie lewendige aminisie gebruik nie. NOU WIE BESKERM WIE!!!!!!!

Yster ·

Ek het met my eie oe al gesien hoe polisie dit op ander plekke doen, en ek het al vele male tevergeefs aanklagtes probeer maak daarna. Maar dit het nie gehelp nie. Dit was op ander kere en ander omstandighede, maar ek glo wat ek hier lees uit grondvlak ervaring oor n lang tyd. Dit is ANC.

Andre ·

Hierdie klagtes wat by die MRK en die VN ingedien word, kom niks van nie. Die MRK tree wel baie spoedig en daadwerklik op in geval die klagtes teen blankes is.

lw ·

News 24 sing weer n rasdeuntjie dat whites have more quality of life – IRR. Hierdie rasgebaseerde snert moet gestop word. Dis selde dat ñ plaasmoord hoofnuus haal!!!

keelvol ·

so met elke plaasmoord kan
ons kies watter huise van hulle om aftebrand ?

w ·

Whites have more quality of life?. Hahaha. Huveel kinders is daar per wit gesin?

Ken2 ·

As mens die “navorsing” lees sal jy sien hoe subjektief, swak en gamanipuleerd die indeks ontwerp is om witmense ekstra welaf en swartmense ekstra sleg af te laat lyk. Dit is verduidelik in die kleinskrif en verstaanbaar slegs deur mense wat diep kan dink. Manipulasie op sy beste. Nie die eerste keer dat daardie mediahuis dit doen nie.

Nico ·

Terwyl die betogers alles oor die boeg van ras gooi : so die (swart) as dit saak maak – landdros verleen borg gebaseer op (nuwe SA) regsbeginsels. Nou waarom brand julle jul eie land af? Ek blameer die politieke leierskap wat nie hul eie beginsels verdedig nie. Soveel vir ‘n fiktiewe reënboognasie.

Frik ·

Dis die media en leiers wat rassisme aanblaas. Vanaand moes ek weer op die nuus hoor dat Azano leiers oor die verdeling van grond praat en verwys na die white settlers. Hulle is dan black settlers want die land was eerste bewoon deur die San en die Koi.

Pastoor ·

Onthou so 2014 is daar n motor gekaap. Daars n5 jarige seun vir 10 kilos agter n kar gesleep. Wat het daarvan geword Is iemand se huis daaroor afgebrand neeee niks

vermeende ·

Verwag julle regtig van die blanke publiek om net eenkant te staan, altans die SAPD by testaan?
Die SAPD hou die hele gedoente net dop, met al daai SAPD is nog niemand in hegtenis geneem nie nou verwag julle van ons mense om ook net te staan en kyk terwyl dit blanke huise is wat brand.
Dis baie maklik om met n blink BMW daar aan tekom en van agter n vet tjekboek af die blankes tot kalmte te roep, skrik net wakker, jy slaap vannaand lekker rustig terwyl hierdie mense se huise brand!

Ek hoop ek lewe daai dag wanneer ons volk genoeg van moorde en hierdie sisende leiers van ons gehad het want daai dag word hulle almal dood getrap.

Andre ·

Sover my kennis strek dek versekering nie skade wat opgedoen word tydens onluste nie.

Dit is dus moontlik dat die eienaars van die huise geen versekeringsgeld gaan kry om hulle huise mee te herbou nie.

Daarom moet die skade verhaal word van die brandstigters en hulle medepligtige aanhitsers soos Supra Mahumapelo.

Ek hoop Solidariteit gaan die huiseienaars bystaan met regsverteenwoordiging om hul skade te verhaal.

Alta ·

Assuransies dek nie vir onluste nie. Dit is deel van die fynskrif. Mense lees nie kontrakte nie want dit is te veel om te lees en teken net. Daarom, wanneer dinge gebeur soos in Coligny, vind jy dat jou assuransie jou nie gaan help nie.

Cais Smit ·

Maak soos Israel,as daar n bom ontblof gaan soek jy
sy huis en vee hom weg

N Lourens Reitz ·

Jy het dit reg Cais.Die Israelies het dit gedoen en let maar op selfmoord bomme het net so afgeneem.

Elsa ·

die booswigte moet verplig word om opruiming te doen in strate en vandalisme opi dorp moet hul gedwing word onder polisue beskerming …mag nie wegkom en dink dis reg nie…

Johan. H. ·

Intusen is seuntjie malema en pappie zuma tjoepstil. Moet ons nie maar konsentreer op nie sogenaamde hoofkokkedore nie. Waar bly hulle nou weer?

Kobus Hattingh ·

Maak mens so woedend as jy dit sien. Wat gaan van hierdie land word? :(

Anton ·

Daars n koning in. Daniel 4 wat ook gedink het hy gaan regeer tot Jesus kom………..

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het na beelde gekyk tydens die aanval deur swartes op ‘n wit boer inColigny (moontlik die eienaar van die afbrandende plaashuis?) Die polisie was pateties om net toe te kyk so asof hul rugbyskeidsregters is wat gebukkend loer om te kyk watter speler slaan die oponent met die vuis. Nooit het die polisie probeer om die mense uitmekaar te kry nie, selfs nie toe NOG MEER swartes van agter op die witman gespring het nie. En dan dink ons daai siele in univorm sal of kan ons beskerm? Hulle is nie net dik nie maar hulle is ook bang!

Hendrik ·

Ja nee nou begin nee die demokrasie ‘n ander dimensie in. In die verlede is net huise in die swartgebiede afgeprant en nou bring die swartes die geweld in die woonbuurte in. Nou help ‘n kruisie by die stembus nie meer om die geweld wegtehou nie. Die enigste hulp is nou burgerregtegroepe soos Afriforum en plaaslike sekuriteitsstrukture om te help. Plan B word nou in werking gestel onbewustelik. Gaan hierdie gevalle van geweld uitbrei na die res van die land met die volgende verkiesing?

fritz breitenbach ·

pas die USA wet toe wat lees “STAND YOUR MAN’ as jy of jou familie of eiendom bedreig word het jy die reg om dit te beskerm met al jou mag

Ada ·

Wanneer gaan ou Gerrie Nel uitkom en iets begin doen.
Daar is soveel mense wat hy kan aankla- Die premier van Coligny en Zuma , en, en ,en maar niks gebeur nie.
Gerrie Nel- laat hoor van jou asb?
Dankie
Ada

Yvette ·

Wanneer gaan al hierdie dinge (die plunder, brand en aanrandings) stop? Hier gaan geen oplossings van kom nie. Ek het ook ‘n kind wat buite Coligny op ‘n plaas sit. Sy is onskuldig. Ek worrie my gek oor haar. Iemand moet net wet en orde herstel. Asseblief. En die wat brand en plunder en aanrand moet gearresteer word. Doen net iets. Ek worrie, die klomp soek bloed. Natuurlik aangepor deur die Premier.

Skerpskutter ·

Vroue bewapen julleself.Ek het. As ons mans nie mag skiet nie dan skiet ons. Anders word ons uitgemoor.

marie ·

Hoekom is Agri NW so stil? Is die twee boere lede en wat het werklik gebeur. Onluste is natuurlik onaanvaarbaar,en Mnr. Supra moet tog aangespreek word vir sy dom uitsprake, of voor die hof kom en skadevergoeding betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.