Presidensie ontken gerugte dat Zuma-konvooi voetganger doodgery het

Argieffoto

Argieffoto

Berigte dat pres. Jacob Zuma se blouligkonvooi Vrydag in ʼn noodlottige ongeluk in Pretoria betrokke was, is onwaar, het die presidensie gesê.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder vir die presidensie, het Sondag in ʼn verklaring gesê Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het op Twitter geskryf: “Ek het sopas die vreeslike nuus gekry dat pres. Zuma se blouligbrigade ʼn vriend, Solly Moutlana, gister [Vrydag] doodgery het.”

“Dit is jammer dat mnr. Mashaba, as die twiet wel deur hom uitgestuur is, die indruk wil skep dat ʼn SAPD-konvooi, wat die president vervoer, verantwoordelik is vir dié verlies van lewe, wat heeltemal onwaar en misleidend is,” het Ngqulunga gesê.

Zuma was Vrydag in Oos-Londen om deel te neem aan die Nasionale Raad vir Provinisies se “Taking Parliament to the People”-geleentheid, en het van Kaapstad gereis. Van Oos-Londen het hy na KwaZulu-Natal gevlieg. Hy is Dinsdag uit Pretoria weg.

Die presidensie is, by navraag, in kennis gestel dat die polisie ʼn saak ondersoek waar ʼn voetganger in Pretoria omgery is deur ʼn voertuig wat deur ʼn polisiebeampte bestuur is. Die voetganger het aan sy beserings beswyk. “Die SAPD sal verdere inligting hieroor kan verskaf,” het Ngqulunga bygevoeg.

“Die presidensie betuig sy meegevoel met die familie van die slagoffer in hierdie tragiese voorval. Die presidensie staan gereed om die burgemeester van Johannesburg in die toekoms by te staan om duidelikheid te verskaf oor enige sake wat die presidensie raak, om seker te maak dat korrekte inligting uitgestuur word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Uys ·

Dis ni te sê dat Zuma in di voertuig moet wees vir sy konfooi om altyd roekeloos te jaag en mense van di pad af te druk ni.

zoom zoom ·

As zuma nie in een van die vrte was nie wie was dan in die vrtg . ‘n Gesiene vriend van zuma??? Iets ruik nie lekker aan die ongeluk ding.

Simon ·

Alida,
Na aanleiding van teenstrydige opmerking gemaak deur Nomvula Mokonyane (Water en Sanitasie) Shaun Abrahams. Patrick Molefi, Hlaudi (SABC-faam) Tina Joel Peterson (Energiesake) en nog ander die afgelope tyd gemaak het, kan n mens doodgewoon niks meer glo wat uit Regerings-amptenare se monde kom nie
In aansluiting met jou kommentaar moet die laaste sin in die berig eintlik ge-eindig het met “…..Die presidensie staan gereeld om………. seker te maak dat POLITIES korrekte inligting uitgestuur word.” Niemand aanvaardings mos meer verantwoordelikheid nie.

snoefie ·

hoekom het die presidensie kort kort n nuwe woordvoerder?
so val die pionne as hulle nie meer bruikbaar is nie.

Justice ·

Mettertyd word hulle neuse word te lank en dan word hulle vervang.

KS ·

Het self nou die dag met een van die narre te doen gehad op die R21. Het nie padgegee nie toe jaag hy in die geelstreep verby. Roekeloos en gevaar vir mede padgebruikers. Voel vere vir hulle en sal nooit padgee nie. Hulle moet maar hulle swart Range Rovers met blou liggies êrens anders gaan rondjaag….

Lance ·

Ag wie glo nog enige iets van die president of sy kantoor … dis net n gejok gesteel gelieg en bedrieg …ons weet mos want dis die een skande op die volgende ….hulle dink regtig mense is dom !

Asjas ·

Tegnies gesproke is dit Zuma se voertuie en sy skuld, hy is mos Chief in Charge.

Mel ·

Ek het telke oggend myself moes beheer wanneer blouligbrigade almal op N1 Suid na die kantbaan dwing of selfs as hul op heel linkerkantse baan almal uit hul baan teen hoeespoed dwing. Dis wanneer ek hul hardop vervloek en dan myself berispe dat ek my ootrede nie my Christenskap betaam…ek haat hulle!

Maria Van Dieweeck ·

Korrek Johanna, hyt SA getref en hy gaan een van die dae trap. Hopelik kan n “goeie doktor’ nog iets vir die erg beseerde SA doen!

Anoniem ·

Zuma se woordvoerder behoort Herman Mashaba om verskoning te vra.

charmaine ·

Waar in Pretoria? Ek was oppad na die Fonteine sirkel to 3 BMW’s met blouligte vanaf die stad se kant met n hoe spoed die sirkerl kruising binne is en my eerste gedagte was dat, ek dog hulle mag nie so jaag nie? Maar wat gee hulle om.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.