ʼn Man en vrou is Maandagoggend met skietwonde aan die bolyf in hul woning op ʼn veiligheidslandgoed in die noorde van Pretoria aangetref.
Robert en Jacqueline Mokoba se liggame is omstreeks 10:00 in hul huis in die Magaliesberg Country Estate gekry, sê lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder.
Volgens Dlamini het bure skote gehoor en die polisie ontbied. Die vuurwapen wat na bewering tydens die moord gebruik is, ʼn 9 mm-pistool, is op die toneel gekry. Dit het glo aan een van die oorledenes behoort. Daar was geen tekens van ʼn inbraak by die woning nie.
Die polisie ondersoek ʼn moord. Geen verdere inligting is in dié stadium bekend nie.
Ag tog, was daar na ‘n ander uitweg nie,? = hoe dit ookal gebeur het.