Thulani Mavuso, woordvoerder van die departement, het gesê die stelsel vir paspoorte en slim-identiteitskaarte het onder probleme gebuk gegaan weens kwessies verwant aan die departement se nasionale identifikasiestelsel.
Dit het tot gevolg gehad dat sommige van die departement se kantore se omkeertyd beïnvloed is. Volgens Mavuso is daar ook van een webwerf na ʼn ander geskuif terwyl tegnici aan die stelsel gewerk het.
Hy het gesê die stelsel werk weer en dat hulle volgende week weer na die primêre webwerf sal terugskuif. Volgens hom is die identifikasiestelsel baie oud en word dit juis daarom vervang.
Slegs kantore wat die stelsel vir nuwe slim-identiteitsdokumente gebruik, is hierdeur geraak. Ander dienste, insluitend sertifikate om geboortes, huwelike en sterftes te registreer, is nie hierdeur beïnvloed nie.
Die departement het om verskoning gevra vir enige ongerief.
Die konsep SLIM KAART is nogals irronies in ag genome die voorbeeld? En iemand het seker nie die Xtra oorbetaal aan die ZUMAIMKIES kinttakteur nie…
Daar’s ‘n hacker site met ‘n gekraakte program waarmee jy jou eie slim-ID-kaart kan druk.