Prokureur se Twitter-flater laat SA skater

Die bekende prokureur was in ‘n baadjie geklee, maar nie veel anders nie. (Foto: Twitter)

ʼn Gewaagde foto van die menseregteprokureur Richard Spoor wat hy Woensdag glo per abuis op sy Twitter-profiel geplaas het, het sosialemediaplatforms aan die brand gehad.

Die foto van die bekende prokureur – geklee in ʼn baadjie en niks anders nie – terwyl hy met ʼn stomende koffiebeker in die hand in ʼn tuin staan, is blitsig van die platform verwyder, maar nie voordat duisende mense Spoor eers heelwat meer intiem leer ken het nie.

Suid-Afrikaners was oudergewoonte blitsig op hul stukke en het met Spoor se foto die spot gedryf.

Hy is gou “The Spear” gedoop, ʼn klaarblyklike verwysing na ʼn gelyknamige en omstrede skildery deur die kunstenaar Brett Murray wat oudpres. Jacob Zuma, met sy geslagsdeel ontbloot, uitgebeeld het.

 

Spoor het vroeër vanjaar ook opslae gemaak nadat hy op Twitter aangebied het om die oudpresident op ʼn pro bono-grondslag, met ander woorde kosteloos, te verteenwoordig. Die aanbod het gevolg nadat die lede van Zuma se regspan hulle voor die aanvang van sy korrupsieverhoor aan die saak onttrek het.

Spoor het nie dadelik op Maroela Media se navraag gereageer nie.

The Citizen berig volgens Spoor is die foto per abuis op Twitter geplaas en dadelik verwyder nadat hy sy fout besef het. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hester Wilhelmina ·

Ag asseblief, hy soek aandag. Hierdie mense wat kamma per ongeluk iets post, en dit dan dadelik weer afhaal….

Misky ·

Seker ook gedink hy is op die ‘hokkie groep’ – ha ha ha!!! Heelwat mense al groot flaters so begaan en mens moet maar baie, baaaaie versigtig wees.

Asgat ·

Nou wonder ek ….. wie sou tog die foto in die eerste plek geneem het? En dit perongeluk juis na Tik Tok toe stuur wat tussen baie ander apps is?

Sandra ·

Ok as dit nou ‘n Twitter flater was, aan wie wou hy die foto stuur? Hmm, ek wonder

Onnie ·

Klink vir my na n publisiteitsfoefie, net soos die aanbod om JZ pro bono te verteenwoordig. Dalk wou hy vir Zuma wys dat hulle meer in gemeen het as wat hy dink! Lol! Sy loopbaan kry seker swaar met COVID. Desperate times, calls for despesrate measures.

Toy ·

Agnee oom, hoekom net ‘n baadjie aan he en dit is nog koud in die oggend en aand.

Petrus ·

Ek wonder net, was dit ‘n flater…of ‘n flatertjie…

Anonymouse ·

Nee swaer, dit was definitief ‘n groot flater. Net jammer die res van die package bring die huisprys af. Dis soos ‘n huis in die Moot met ‘n Porche in die driveway.

Helizna ·

Julle al Prokureur Schalk van der Merwe se Facebook gesien? Hy het sekere harde houe uitgedeel wat baie ys geverg het!

4ntj13 ·

Richard Spear sê hy het ʼn trigger-happy (ekskuus: Tweet-happy) vinger!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.