Prokureur vas na hy glo dwelms, selfoon in selle insmokkel

Van die dwelms wat die prokureur glo probeer insmokkel het. (Foto: SAPD)

ʼn Prokureur (31) is in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagoggend probeer het om dwelms en ʼn selfoon in die aanhoudingselle van ʼn polisiestasie buite Mokopane in Limpopo in te smokkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Piet Motshitshi Kekana, ʼn prokureur verbonde aan een van die plaaslike regsfirmas in die omgewing, het omstreeks 11:30 by die Mahwelereng-polisiestasie aangekom en versoek om met een van die gevangenes te konsulteer wat later die dag in die hof moes verskyn.

ʼn Polisiebeampte aan diens het egter agterdogtig geraak oor ʼn sak wat die prokureur gedra het en ʼn kollega gevra om die sak te deursoek. ʼn Selfoon, dagga en sakkies nyaope, alles in ʼn plastieksak verpak, is glo in die sak gevind.

Die selfoon wat die prokureur glo probeer insmokkel het. (Foto: SAPD)

Kekana is dadelik in hegtenis geneem en hy het Dinsdagmiddag in die Mokerong-landdroshof op aanklagte van die besit van dwelms verskyn.

Die saak is tot 27 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die inhegtenisneming verwelkom.

“Die waaksaamheid van die polisievrou aan diens ten tyde van die verdagte se poging om dwelms in ons polisieselle in te smokkel, is prysenswaardig en moet in alle aanhoudingsfasiliteite volgehou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Goeie werk vir eens! Hoekom word die polisie nie nou ook geprys vir hulle vinnige optrede nie? O ja, want dit het in die polisiekantoor gebeur.

Kaal Keiser ·

Hoekom doen hulle nog die moeite om gegradueerder nog ‘n eed af te lê. Hoeveel van hulle bedoel dit werklik om eties op te tree.

tweeling ·

Yo, die intelligensie van prokureurs van vandag is te bevraagteken

Blondie76 ·

Dis hoekom die land so in sy Kanon is. Diegene wat moet seker maak dat die wet gehandhaaf moet word en die kriminele uitlig is juis die wat hulle sterk in hul kwaad.

Jakes ·

Die prokureur kon seker nie met sy salaris uitkom nie of hy wou graag inboek by die staat se hotel. Toe help hy maar uit want dis n vinnige manier om in te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.