Provinsiale gesondheidsdepartement se segsman vas

Sizwe Kupelo

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid se woordvoerder het Woensdag in die hof verskyn en is borgtog van R30 000 toegestaan.

Sizwe Kupelo (47) is deur die Valke in hegtenis geneem op bewering dat hy sy matrieksertifikaat vervals het. Hy het op aanklag van bedrog, vervalsing en uitgifte in die Zwelitsha-landdroshof verskyn. Hy moet weer op 30 April in die hof verskyn.

Volgens ao. Ndiphiwe Mhlakuvana, Valke-woordvoerder, het Kupelo in Maart 2002 om ʼn kommunikasiepos in die premier se kantoor in Bhisho aansoek gedoen. Hy is die volgende maand in dié pos aangestel en in November dieselfde jaar deur die provinsiale departement van gesondheid as adjunkdirekteur van kommunikasie aangestel.

“Die departement het in 2020 ʼn vaardigheid- en kwalifikasies-oudit op alle werknemers wat deur die departement aangestel is gedoen en is daar vasgestel dat Kupelo nooit ʼn matrieksertifikaat gehad het nie. Hy het na bewering ʼn vervalste sertifikaat tydens sy diens ingedien.”

Die saak is deur die departement na die Valke verwys vir ʼn deeglike ondersoek waarna hy Woensdag in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

miche ·

Die ondersoek is reeds in 2020 gedoen.
Ek neem aan hy het die heeltyd ‘n lekker vet salaris verdien.
Pay back the money!

Republikein in die Wes Kaap ·

Stadig Tinus, hy moet eers tronkstraf kry en ‘n paar dae in die tronk deurbring voordat hy as minister kwalifiseer.

Coen ·

Vals of nie – ‘n matrieksertifikaat was genoeg om adjunkdirekteur te word!

Maak dit dan eintlik saak? Wat beteken matriek deesdae – 30% of 40% in al jou vakke….

Debbie ·

Zuma het ook nie soos ek verstaan en hy was president en mag nou weer staan in die verkiesing. Nou hoe so?

Mariana ·

Net een van honderde ongekwalifiseerdes wat belangrike poste vul, maar na daar is beslis vir hom ‘n plekkie in die parlement sirkus.

Wondermaarnet ·

Gaan klop aan by Eskom Koeberg. Die meeste werknemers daar het ook nie werklik matriek nie. Eskom verifieër mos nie kwalifikasies nie en glo als wat op ‘n aansoeker se CV staan.

tweeling ·

Die hart dokters en sangomas maak klomp geld uit hierdie kaders uit.

Nico ·

R30000 vir n vervalste matrieksertifikaat . Wat nou van die PhD bende???

Nierkie ·

Die minimum kwalifikasie vir so ‘n pos in die staatsdiens is ‘n Diploma in Kommunikasie so die hele aanstelling is dodgy.

miche ·

Dit gaan oor die feit dat sy matrieksertifikaat vervals is,dan is hy mos reeds as’t ware skuldig
( nog voor en sonder die redtape wat volg).
Baie mense sonder matriek kan uiters gekwalifiseer wees vir die werk en anders om.

annie ·

Ons het nou al so baie hooggeleerdes in SA dat as jy op ‘n Saterdag in die dorp voor die kitskoswinkel ‘n klippie in die lug opgooi dan val dit vir seker op iemand se kop wat as ‘n doktor of professor bekend staan.

Frank ·

Debbie, daar is minimum verreistes waaraan senior staatsdiens amptenare moet voldoen vir poste net soos by amper enige ander plek maar dieselfde geld nie die politiek nie en iemand sonder enige kwalifikasies kan president word indien gewild genoeg is om meerderheid stemme te kry

Di ·

Mens kan deedae ENIGE kwalifikasies, identiteits dokumente en paspoorte KOOP. Die land is een kriminele HOOL

SjN ·

Wat beteken n matrieksertifikaat met 30% slaagsyfer, so hy het nie eens dit deurgekom nie, viva trotse kader.

Casper ·

In 2002 word hy aangestel en fieselfde jaar word hy bevorder tot adjunkdirekteur.Hy word eers in 2020 uitgevang,wat beteken hy het vir 18 jaar plus minus ‘n salaris ontvang van R500.00 per jaar.Gaan daai geld nou van sy pension verhaal word.

Casper ·

Dan kan ek met sekerheid sê hy was nie bevoeg om die werk te doen wat van hom verwag was nie.Ek wonder watter standard het hy geslaag.

Meinung ·

Kan iemand verduidelik wat die oorsaak is vir die diepgaande neiging tot oneerlikheid onder so baie mense? Wat is die foutlyn?

Republikein in die Wes Kaap ·

Hlaudi Motseneng van die SABC het sommer self simbole aangepas om te wys hy het matriek. Hy loop nog op vrye voet.

Republikein in die Wes Kaap ·

En die destydse voorsitter van die SABC het valslik aangevoer sy het ‘n BCom. Dieselfde met Dudu by die SAA. Wie onthou nog vir minister Pallo Jordan se PhD. Dit blyk toe hy het geen graad nie. Prassa se destydse tegniese hoof het aangevoer hy het ‘n PhD. Hy het ook geen graad gehad nie. Die lys is lank, maar niemand het in die tronk beland nie.

Bolandse Nooi ·

So ………… gaan dié meneer dan die salaris vir 22 jaar wat hy met ‘n vervalste matrieksertifikaat vir die Dept. gewerk het, terugbetaal? I THINK NOT!!!!!!!!!!!!!

Leeubekkie ·

Ag dit alles maak mens so moedeloos….
Tyd om Huistoe te gaan…
Kom Here Jesus, kom!

Jaco ·

Weens al die regstellende aksie en omdat ek gedurig moes hoor “over-qualified” en “wrongly qualified”, hey ek later so desperaat geraak, dat ek my CV gedokter het: 1 jaar militêre diensplig het ek na 2 jaar verander
4 jaar op universiteit het ek na 3 jaar verander
2 grade op universiteit het ek verander na “studies unsuccessful”
NIEMAND het my ooit oor dié leuens op my CV uitgevra nie en ek het sowaar weer ordentlike werk gekry.
So lieg op die CV om dommer te lyk werk ook.
Maar die skade is gedoen: al die skuld uit jare van werkloos wees, beteken ek sal nooit na “lekker aftree” kan uitsien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.