Psigiatriese pasiënt sterf toe hy glo wou ontsnap

(Argieffoto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

ʼn Pasiënt by die Thabamoopo- psigiatriese hospitaal in Lebowakgomo buite Polokwane in Limpopo is dood nadat hy glo probeer ontsnap het.

Volgens Neil Shikwambana, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het die 34-jarige man glo ʼn deel van ʼn vensterraam in die hospitaal verwyder in ʼn poging om te probeer ontsnap.

Hy het glo in die diefwering verstrengel geraak en verpleegpersoneel het op sy liggaam afgekom waar dit vasgepen was en by die venster uitgehang het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in die provinsie, het haar medelye met die oorledene se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Tragies, hoe lank het hy daar gehang voor hul dit gesien het, seker weer op diens geslaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.