ʼn Vyfjarige seun is Woensdagaand deur weerlig doodgeslaan in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seuntjie het glo buite saam met sy sussie gespeel toe die weer opgesteek het. “Die seuntjie het in die rigting van die huis gehardloop en aan ʼn staal veiligheidshek vasgegryp toe die weerlig hom getref het,” het Steinmann gesê.
Hy is op die toneel dood verklaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Anc moord, as daar nie misdaad so erg was nie, was daar nie ‘n veiligheids hek nie….