Pta-plaasaanval: Vrou vermoor vir selfoon

Allan Wolmarans en Marthie Rademeyer (Foto: Verskaf)

“Marthie het probeer weghardloop en dit is tóé dat hulle haar in die rug skiet.”

Só vertel Felicity Schoombee, skoonsuster van Allan Wolmarans (54) wat Sondagaand saam met sy lewensmaat, Marthie Rademeyer (44), by hul kafee in die Grootvlei-omgewing, noord van Pretoria, oorval en erg aangerand is. Rademeyer is tydens die aanval doodgeskiet en Wolmarans is ernstig beseer.

Die kafee, ’n familieonderneming, is ’n paar meter van hul plaashuis in die Grootvlei-omgewing tussen Pyramid en Hammanskraal geleë. ’n Drankwinkel en vulstasie, wat aan Wolmarans se broer en Schoombee se verloofde, Johan, behoort, word op dieselfde perseel bedryf.

Schoombee vertel Wolmarans en Rademeyer het Sondag omstreeks 21:30 gereed gemaak om die winkel te sluit en terug te gaan huis toe. Maroela Media het vroeër berig dat ’n bejaarde persoon by was tydens die aanval, maar Schoombee kon intussen bevestig dat net Wolmarans en Rademeyer ten tye van die aanval teenwoordig was. Wolmarans het glo sy Toyota Fortuner, wat agter in die erf geparkeer was, van onder die afdak uitgetrek. Hy het agtergekom die een voorwiel is pap. Hulle moes toe met die bakkie, wat ook daar parkeer is, ry.

“Hy het in die winkel ingegaan om ’n sleutel vir die bakkie te kry. Marthie het buite by die bakkie gestaan en wag. Toe hy uitkom, het die twee gewapende mans hul verskyning gemaak,” vertel Schoombee.

Schoombee vertel die aanvallers het die paartjie oorval en aangerand. Hulle het Rademeyer en Wolmarans met die agterkant van ’n vuurwapen in die gesig geslaan.

Schoombee vertel Rademeyer het probeer weghardloop, maar is in die rug geskiet. Die koeël het haar long getref en sy is op die toneel dood.

Wolmarans is erg aangerand. Hy is ná die voorval na ’n hospitaal in Montana, Pretoria-Noord, geneem vir verdere mediese behandeling. “Al twee sy oë is opgeswel. Hulle het hom baie seergemaak,” vertel Schoombee.

Schoombee sê die aanvallers het geld van die paartjie geëis. Hulle is met Wolmarans se selfoon vort.

Schoombee vertel Wolmarans is tans by die huis waar hy aansterk. Sy twee dogters is by hom.

“Fisiek gaan hy ’n rukkie vat om te genees. Emosioneel weet ek nie of mens vinnig van só iets genees nie.”

Schoombee sê Rademeyer se dood laat ’n groot leemte – sy was saggeaard en ’n liefdevolle mens.

“Ons het omtrent als saam gedoen. Ons het saam inkopies gedoen en saam haarkapper toe gegaan. Sy is my Spur-ontbytmaatjie. Ek gaan haar mis.”

Maroela Media het vroeër ’n navraag aan kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, gestuur, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Haai is rerig tyd dat elke boer en Afrikaner ‘n geweer weggesteek onder die hemp het, en weet hoe om hom te gebruik. Skiet eerste om jouself, jou familie, jou plaaswerkers en jou plaas te beskerm, en die vra kan later kom. Is daar iewers waar mens kan gaan leer, of geleer word hoe om te skiet met allerande gewere. Ek het in die mag geskiet, maar het defintief ‘n “refresher” kursus nodig. Dit is soos hoe om te leer om mond tot mond asemhaling te doen. Jy sal dit miskien nooit toepas nie, maar die dag as jy moet dan kan jy iemand se lewe red. Moet ook begin twee keer nou dink om daai wapens ingee. Word die wat al ingegee is nou met plaasmoorde gebruik?

Kanjynoumeer ·

Nuusblad “Boere kry vir julle wapens.”
Boere haal julle selfverdediging wapens uit die kluise. Handwapens moet 24/7 op jou gedra word
Dit hoort nie in n kluis nie.

Hou op passief wees! Word wakker!
Jou lewe is in gevaar!

Herpiet ·

Hulle is hier om te martel en te moor. Ons is aan die verkeerde kant van die draad. Baklei terug of sterf.

Herpiet ·

Deesdae se gebeure laat my dink aan die 1996 film ” The ghost and the darkness” . They dont kill for food they kill for the fun”

Elize ·

Wonder wie se duim het weer ‘n kramp gekry. Hierdie dade word seker goedgekeur

Leon ·

Onthou die nuwe ANC wet sê dat jy moet eers raakgeskiet word voor jy terugskiet.

Werner ·

Die persoon wat daai nonsens glo het n ertjiepit vir n brein net n verskonig vir n terroriste aanval

Buks ·

Dit was moord met die doel om te moor. Die motief was geensins roof nie hulle kom om te moor vat iets kleins en die polisie skryf die motief as roof neer. Moenie dat jy geflous word deur dit nie hulle kom om moord te pleeg en daarom moet jy jouself met maksimum force verdedig.

Roebs ·

Pres. wanneer begin jy die mense wat Suid Afrikaners uitmoor vas vat? Wanneer gaan jou oe oopgaan om te sien wat gebeur met ons mens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.