R1 miljoen-beloning uitgeloof vir inligting oor moord

Wendy Kloppers (Foto: Facebook)

ʼn Beloning van R1 miljoen is uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van Wendy Kloppers (48) se moordenaar(s) sal lei.

“’n Private skenker het my genader met die ruim aanbod om te help om die beloning tot R1 miljoen te verhoog,” het Geordin Hill-Lewis, Kaapstadse burgemeester, gesê.

Kloppers, ʼn amptenaar van die Kaapstad-metro se departement van omgewingsake, is op 16 Februarie in haar motor doodgeskiet by die Delft Symphony Way-behuisingsprojek.

Volgens Hill-Lewis het dieselfde behuisingsprojek in die week voor die moord op Kloppers onder petrolbomme en ʼn skietery deurgeloop.

“Ons doen ’n beroep op diegene met inligting om na vore te kom sodat ons kan toesien dat geregtigheid vir die familie van Kloppers geskied. Ons doen ook steeds ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om alles te doen wat nodig is om die oortreders wat vir hierdie geweld verantwoordelik is, op te spoor.”

Die motief vir die moord op Kloppers is nog nie bekend nie, maar hou volgens Hill-Lewis vermoedelik verband met die patroon van geweld wat op behuisingsprojekte in die algemeen en dié spesifieke projek gemik word.

“Delft Symphony Way is ʼn behuisingsprojek van R500 miljoen vir 3 300 begunstigdes, onder wie die kwesbaarstes in die metro, insluitend inwoners van Blikkiesdorp,” het Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, gesê.

“Die stad sal voortgaan om ons sespuntplan na te streef om die voorvalle van geweld, misdadigheid en afpersing by ons behuisingsprojekte te help verminder.

“Benewens die R1 miljoen-beloning vir inligting om Kloppers se moordenaar(s) suksesvol te vervolg, bied ons ook belonings van R5 000 aan vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van enigiemand wat stadsbehuisingsprojekte met afpersing en geweld teiken,” het Booi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kokerboom ·

ANC boewe /moordbendesgaan ALLES in stryd werp om Weskaap te destabiliseer

houopkruip ·

Stem.
Skaapstad se probleme binnekort groter as Jhb/Pta s’n.
Skaapse “afstigting” ……. ? ……. dream on, die manne sal dit nooit toelaat nie.

Harley Davidson ·

Die polisie gaan nie help,tensy julle Piet Byl kan kry,stig af van Suid-Afrika daarna kan julle ‘n eerste wêreld polisie mag stig wat die misdaad sal kan bekamp sodat hierdie tipe dinge nie weer gebeur nie.

melaney ·

Ongelukkig is Piet Byl al oorlede. Sy afsterwe was ‘n swaar pil om te sluk. SA het ‘n groot man verloor toe hy sy kop finaal neergelê het. Niemand sal (of wil) erken wat lê vir ons voor. Maar daar is by my geen twyfel nie.

Goldy ·

Die afstigdeel is wel ten volle moontlik en noodsaaklik, daars wette wat daarvoor voorsiening maak.

Laksman ·

waar begin dit dan…..het dit al begin, indien nie……waarom nie? Waar is die slim mense en leiers?

Ellen ·

Piet Byl lankal oorlede. Dit is nou as ons van die selfde persoon praat.

Di ·

Skokkend dat daar belonings moet aangebied word om kriminele te kan vasstrek. Die onbevoegde, korrupte polisie moet hulle werk begin doen. Meeste van hulle net daar om ‘n salaris te verdien of SELF deel te neem aan kriminele aktiwiteite Hoeveel onskuldige mense moet nog sterf voordat die useless Regering ingryp met misdaad wat die land oorneem.

Roek ·

Waarom het sy nie benodgde beskerming gekry na die eerste voorval nie, die agbare ministers gaan nie eens vir ‘n nommer een sonder ‘n lyfwag nie !

Elma ·

Waarom moet dit nodig wees om n “beroep op die polisie te doen”. Daar word geen beroep op my gedoen om my werk te doen nie.

Goldy ·

Ek lees die plaaslike gemeenskap wat al so lank daar bly, wie se area dit is, het geldige klagtes en bekommernisse gehad. Hulle eie familielede wag al n ewigheid vir behuising en misdaad raak algroter met mense van ver wat inkom. Klink soos n geval waar die plaaslike gemeenskap se stem geignoreer was en die metro die publieke deelnameproses gaan moet ondersoek.

Marcello ·

Maar dit gee hulle nie rede om iemand dood te skiet nie, wat bereik hulle nou daarmee, dit is iemand se Ma, se dogter, se familielid.

Delia ·

Ek is al so moeg om te hoor goed moet gedoen word vir geregtigheid vir die familie. Die media berig, die SAPD en politici raas en beweeg aan na n volgende geval. Die familie bly agter en kom nie oor die trauma. Hulle moet doodeenvoudig probeer aangaan met hulle lewe.
Die moorde moet voorkom word!!!!!!

otter ·

gaan kyk maar by die meisie met die rooi rokkie , daar gaan jy baie antwoorde kry . hulle is terroriste!

Francois ·

Dit wys na die toestand in ons land – soos in die Wilde Weste kan jy nou n nuwe beroep beoefen – professionele “bounty hunter”….

Vonny ·

Een woord. SAT en siek…!!!

Doodstraf….. en dìt sal hul nie terug bring…
Gaan bàie lyke wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.