R175 m. om ampswonings op te knap

Thulasi Nxesi, die minister van openbare werke (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die minister van openbare werke het bekend gemaak dat R175 miljoen spandeer gaan word om ministers en LP’s se ampswonings op te knap.

Minister Thulas Nxesi het in antwoord op ʼn parlementêre vraag bekend gemaak dat ongeveer R750 miljoen aan opknappingswerk en verbeteringe aan ampswonings, die parlementêre buurte, die parlement en ander bates in die departement se prestige-portefeulje bestee gaan word.

Die antwoorde is verskaf in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA-LP Dennis Ryder. Volgens Nxesi het sy departement in die 2019/20-boekjaar R175 miljoen toegeken om ampswonings en die parlementêre dorpies op te knap, R273 miljoen vir die parlement en R284 miljoen vir alle ander eiendomme in die prestige-portefeulje.

Daar is onder meer R65 miljoen toegeken om die bestaande paaie om die Brynterion-ministeriële landgoed in Pretoria op te knap en R29 miljoen vir die bou van ʼn “bevelsentrum”. ʼn Verdere R29 miljoen is toegeken vir die bou van twee hekke en ʼn honde-eenheid op die landgoed.

Nxesi het ook onthul dat R132 miljoen toegeken is vir “fasiliteitebestuur” vir die presidensie. ʼn Bedrag van R5,7 miljoen is toegeken om matte in die Uniegebou te vervang en R2,6 miljoen sal spandeer word om die hysbakke te vervang.

By die parlement is daar onder meer R3,7 miljoen toegeken vir ʼn onderhoudskontrak vir veiligheid- en toegangsbeheer sowel as R2,9 miljoen sodat daar ondersoek ingestel kan word na die verskaffing van bykomende bystand/noodkragtoevoer.

Daar is ook R50 miljoen opsygesit om die nasionale raad van provinsies se gebou op te knap.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Timjan ·

Morsig. Kan n paar ander huise bou vir mense wat nie het nie? Skande wat die stemmers nooit sal hoor op die belofte togte nie

Anon ·

5.7K vir flippen MATTE? Het ek reg verstaan? Matte?
Ek kan dit nie glo nie… terwyl jou mense honger lei. O gedorie waar. I`ve seen enough

Koos ·

Nie 5.7K nie, 5.7 bar (miljoen). Ek verstaan. Ons gewone mense sukkel maar met sulke groot bedae geld!

jakes ·

Wat van n paar rand vir die minister om kosmetiese chirurgie te ondergaan?

Agnes ·

Hoekom so baie? Werk die ministers vir ons of werk ons vir die ministers? Verregaande !

marous ·

Waarom stuur hulle nie geld vir mosambiek en zimbabwe nie ? Want hulle is te sleg !

Daan ·

Pres Ramapadda beloof om 1000 000 huise binne die volgende 5 jaar te bou. Dit is n tempo van 550 huise per dag met n beraamde koste van R110 00-00 per huis. R175 000 000-00 kon al klaar 1550 huise gebou het vir sy mense.

Daan ·

Vorige komentaar bedoel ek koste van RDP huis beloop ongeveer R 110 000-00

Koos ·

Terwyl jy op die RDP huise is. Gaan vind bietjie uit hoeveel van die gratis uitgedeelde huise is nog in die oorspronklike eienaar of erfgenaam se naam? Die goed word verkoop op strepe en dan gaan bly die begunsdigde weer in ‘ “shack”.

A ·

Skokkend, as jy dink hoe staatshospitale/instellings ens lyk.
Kry julle prioriteite reg!!!
Ek bly bid & glo en weet die wiel sal draai …
Hierdie is ‘n waterskeiding verkiesing vir sekere provinsies … dink mooi waar jy jou kruisie trek.

fred ·

en hierdie klomp pretend om die armes te verteenwoordig???handhaaf n luukse lewensstyl terwyl hulle constituencies in armoede lewe……Skandelik ,,,,en elk jaar soek hulle meer en meer belastinge van ons…ek is siek en sak om nog te betaal ..

IK ·

Wat ek graag sal wil weet is hoeveel bestee is aan instandhouding die afgelope 25 jaar? Antwoord=NUL!

Jacques ·

Hierdie syfers maak nie sens nie . R5,7 miljoen vir matte en net R2,6 miljoen vir hysbakke ?
Hoe kan hysbakke minder wees as matte ? Ek ruik n rot . Iemand gaan weer groot skep hieruit . Die manse kan nou maar net met geld werk nie .

WitBlits ·

Los die huisbakherstel want hulle kan almal met die oefeninge van trappeklim doen!
Hulle lyk so van al die lekker (vr)eet en al die partiekies….

Stuiwer ·

Jacques, die syfers klop ook nie vir my nie. Dis onmoontlik dat matte so duur kan wees in vergelyking met al die ander uitgawes wat aangegaan wil word. Ek weet nie waar hierdie syfers verkry is nie, maar ek vertrou dit nie.

Ag ·

Hoekom so baie? Werk die ministers vir ons volk of ons vir hulle. Die regering is n melanoma kanker op die land.

Liewe Linda ·

ek kan nie eers glo ons doen die moeite om hierdie syfers te bykyk dis net nog bedrog
liewe genade, plaas knap julle die skole en verdomde hospitale op
wat van die kerk wat verdelde week geplunder is?
ek stem saam dit BOTTER word baie dik gesmeer

Geskok ·

Stop dit en gee aandag aan julle “voters” en 25 jaar se beloftes van huise skole werk. Hoekom dink ek nou skielik aan daai Epol advertensie van it is in the gravvvvy!!!!

A ·

Sal net graag wil weet, ‘n drie verdieping gebou 2.6mil vir hysbakke, dan sit ons in die Poyntons gebou – 33 vloere, 1 huisbak wat high rise… praat nie van mure en vloere wat kraak nie … en daar word gesê daars geen geld vir die gebou nie…

Emma ·

Met daai geld voed liewer julle mense op en leer om mense te respekteer en ophou afbreek en brand. Want soos dit nou aangaan is n skande.

Marietjie ·

Dis n skruine skande hierdie geld Kan soveel arm mense in ons land help. Is die ampwonings Dan van GOUD gemaak?

GM ·

As hul staatshospitale opknap, sal mense nie meer daardie vrees vir doodgaan in staatshospitale hê nie, dus sal minder mense geld spandeer op private mediese behandeling, en die regering sal BAIE geld verloor wat hul uit V.A.T. ens. kry. EN dan moet die ministers hul werk doen deur te sorg dat als glad verloop. So hoekom sal hul nou so dom wees?

Hoeveel huise kan hul nie bou met daardie geld nie. ‘n Klein persentasie sal dalk vir opknappingswerk gaan (net om skyn voor te hou), en die res in die kaders en hul familie se sakke.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen…

Boerboel ·

Stem saam GM, staatshospitale is in n’ toestand, maar n’ woonhuis kry voorkeur. Is glad nie verbaas dat die geld op nonsens spandeer word. Dit is mos nie hulle geld nie so wie gaan kla ? Dis lekker in in sous trein party!

Doll ·

Liewe aarde! Geen benul van geld nie. Weet hulle hoe baie geld is dit? Duidelik nie. Word uitgedeel soos smarties.
Kan nie eers die land opbou nie!

honourable member ·

Hierdie mense weet hoe om geld te mors. Waar kos verbeterings so baie geld. Die familie word seker weer die tender gegee en so verryk hulle mekaar.

JG ·

Liewe ouers…die land brand, maar die cANCer wil nuwe matte insit ?? Mag die Liewe Vader ons verlos van hierdie boosheid.

Johan ·

Die een rede vir die geweldige uitgawe is dat daar hopeloos te veel ministers is. En elkeen wil meer spoggerig as die ander wees…..

Gert van Wierdapark ·

Die antwoorde vir die toedrag van sake kan teruggevoer word na die mooi beskrywende woord daarvoor: Kakistrokasie of Kakistrocracy in Engels. Die verklaring is voor die hand liggend – lees gerus die definisie!!!

humor ·

So werk n kommunistiese staat. Die piek van die piramiede besit die geld en dit word beskou as mag en magsvertoon. Alles word onder die mag van die staat ingehark en die burgery, belastingbetaler staan magteloos. Daar is alreeds verder op hd weg gevorder as wat ons besef. Niks staan in hulle pad, selfs nie eens die haglike ekonomiese toestand en rommelstatus nie.

DOM ·

Hierdie is duimsuig, waar is die kwotasies, of is dit geskatte bedrae

Spook op thaba ·

Hier op Thabazimbi staan staatshuise al vir jare leeg en is besig om in bouvalle te verval. Een so huis weet ek vir n feit is n sapd huis

Nellie ·

Wie moet daarvoor betaal – ons soos gewoonlik. Dit het tyd geraak dat ons ophou kerm en kla en iets doen, soos om nie belasting te betaal tot iemand na ons luister nie.

Theoman ·

Ek kan my net indink hoe lyk dit na 25 jaar van geen onderhoud binne die eens pragtige Unie Gebou. Die matte wat vervang moet word is seker deur getoi-toi en die meubels is seker teen die tyd in stukke. Ek stel voor hulle haal die matte uit poletoer die vloere gooi die meubels uit en vervang dit met n klomp lazyboys

Genieve ·

Die mense gaan dood van die honger daar is mense wat huise soek en julle wil geld op so n manier spandeer…SKANDE!!!!!!!!!

splittie ·

hierdie is duimsuig werk op eerlike mense se kwotasies vir herstel. die mense sluit jare se ander voorrade in met die geskatte bedrag

Dries du Toit ·

Ons is geskok. Wag vir al die skokke wat voorle na die verkiesing. Dan het hulle die go ahead om nog meer te spandeer. Daar le nog bitter tye vir ons voor

Marinda ·

What? And what about the thousands of people living in shacks and little tin houses in this country. The people who are starving, people with no jobs.
Employ qualified artisans on a full time basis with a monthly salary and benefits to help with the up keep of these “houses” and you will have a win win situation.

Rina Kotze ·

Die ministers en LP’s verdien sulke goeie salarisse, kan hulle nie self hul huise laat opknap nie? Uit hul eie sakke nie???

Alida ·

En sommiges bly nie eers 3 maande van die jaar in die huise nie. Vermorsing op groot skaal. Die taksman sal dit nie toelaat nie.

Christine ·

Ek wil ook graag ñ minister word * Gratis Luukse Woonplek met Sekuriteit en Noodkrag en die Beste Onderhouds Plan.
* Gratis: net die Duurste en Beste Amps motor – brandstof en herstelwerk in gesluit.
*Vakansie huise binne en buitelands kompleet met Vlugkaartjies vir familie en Vriende.
* ñ Kolosale Salaris paket, en moetnie vergeet van die multi-miljoen rand “golden handshake” wat jy ontvang as jy betrap en skuldig bevind word tydens jou ampstermyn nie. Mmm ja dan nog Gratis regskoste ook vir jou verdediging en Apél.
* Sekerlik het hulle Vry Privaat Medies (net die beste), wie weet, betaal hulle darm vir Kos en Klere of is dit ook deur die belastingbetaler ” gesponsor”???
JA EK WIL OOK GRAAG ñ MINISTER WEES, wie wil nie?!!!

Jeremia ·

Klink al só holrug gery – die dekmantel en bedrag ter sprake word net soms afgewissel.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.