JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Sondag gesê die projekte is tans in die ontwerpstadium en konstruksie sal in die eerste kwartaal van 2017 begin. Die stasies sal na verwagting einde 2018 voltooi wees.
“Die Masiphumelele-projek is veral noodsaaklik. Die gebied is geneig tot verwoestende strukturele brande soos ons in vorige jare gesien het,” het Smith gesê. “Die suidelike Skiereiland het ook in die verlede onder talle veldbrande deurgeloop, so nog ʼn brandweerstasie in hierdie deel van die metro is ononderhandelbaar. Dit sal beteken dat brandweerbeamptes vinniger op die toneel kan kom om lewens en eiendom te red.”
Daar is tans 30 brandweerstasies in die metro, waarvan die oudste die Roelandstraat-brandweerstasie is wat in 1929 gebou is. Daar is ook tien bykomende rampbestuurstasies wat oor die afgelope twee jaar gebou is om die brandweerstasies te ondersteun.
Smith het gesê behalwe vir die twee nuwe brandweerstasies is die brandweerdienste tans in die proses om 12 nuwe brandweerwaens aan te koop. Die voertuie, wat tegnologies baie gevorderd is, kos net meer as R3 miljoen elk.
Intussen het 484 aansoekers verlede maand die werwingsproses voltooi om leerling-brandweerbeamptes te word. Die leerlinge sal in Oktober met hul agt maande lange opleidingskursus begin.
“Ons doen alles wat ons kan om Kaapstad ʼn veiliger stad te maak, maar ons het ook inwoners se hulp nodig om bewus te wees van brandgevare en saam met ons te werk om brande te voorkom sover moontlik,” het Smith gesê.
Maw in plaas van Nkandla, kon die belastingbetalers bykans tien brandweerstasies bou. Skande!!
Vooruitgang in die Kaap in gauteng is daar nie eers geld om die trokke te diens nie ….dis die verskil anc ….wake up guys !
Werklik goeie nuus
Daar gaan seker n “Firepool” of ses,ook gebou word,of mag daar net firepool’s by Nkandla wees?