R500 000 per Covid-19-pasiënt by dié veldhospitaal

Die Nasrec-veldhospitaal. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Slegs 700 pasiënte is tot op hede in die Nasrec-veldhospitaal in Gauteng opgeneem. Dit kom neer op ʼn uitgawe van R500 000 per pasiënt aangesien dit sowat R350 miljoen gekos het om dié fasiliteit te midde van die Covid-19-pandemie op te rig, aldus die DA.

Luidens ʼn voorlegging wat aan die Gautengse provinsiale wetgewer se oorsigkomitee oor die kantoor van die premier en die wetgewer (Ocpol) gedoen is, is die Nasrec-veldhospitaal op 15 Junie vanjaar in gebruik geneem.

Altesaam 604 pasiënte is sedertdien by die fasiliteit opgeneem vir kwarantyn-en-isolasiedoeleindes terwyl 96 pasiënte vir intermediêre sorg insluitend suurstof opgeneem is.

Hoewel die totale bedkapasiteit van die fasiliteit 1 500 is, was daar op tot en met 28 Augustus vanjaar slegs 25 pasiënte opgeneem.

“Dit is ʼn enorme vermorsing van geld wat veroorsaak is deur swak oordeel en waarskynlike korrupsie, aangesien die mense betrokke voordeel getrek het uit groot kontrakte,” sê Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng.

Die Nasrec-veldhospitaal. (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Bloom wys daarop dat pasiënte wat by die Nasrec-veldhospitaal vir kwarantyndoeleindes opgeneem is, maklik in hotelle geakkommodeer kan word. Private hospitale kon ook betaal word om die 96 pasiënte wat intermediêre sorg benodig het te behandel.

Volgens Bloom is die buitensporige uitgawes wat aangegaan is om die Nasrec-veldhospitaal in te rig net nog ʼn rede waarom Bandile Masuku, die geskorste LUR vir gesondheid, afgedank moet word.

Maroela Media het vroeër berig Masuku is in Julie op verpligte tydelike verlof geplaas nadat bewerings oor onreëlmatige tenders in die Gautengse departement van gesondheid onlangs die lig gesien het.

Die DA het die Gautengse departement van gesondheid verlede maand daarvan beskuldig dat hy hospitaalbeddens vir die kwarantynfasiliteit in Johannesburg aangekoop het teen dubbel die prys wat dit werklik kos.

Bloom het gesê die beddens vir die veldhospitaal het die Gautengse departement R13 000 elk gekos. Dít terwyl dié beddens in werklikheid R5 000 elk kos. “Die departement kon die beddens dus teen minder as die helfte van die prys by ʼn ander verskaffer gekoop het,” sê Bloom.

Bloom sê die totale koste van al die toerusting by die Nasrec-veldhospitaal beloop R24,1 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dries ·

Wow. Ongelooflik. Iemand het nie sy/haar huiswerk gedoen nie. Wie staan pa vir oormatige uitgawes?

Pieter ·

Ons as onwillige belastingbetalers staan pa vir al die gemors wat anc al oor afegelope 26 jaar aanvang. Ek sal maar net gou nog geldnoot-blare van my spesiale boom gaan pluk, ons lmal het mos sulke bome in ons tuine.

Persheks Adri ·

Plunder als leeg en lieg so ver hulle gaan! Masuku is op verpligtend verlof wat WEER beteken die kader kry volle salaris vir niks doen nie en ons betaal daai buitensporige salaris vir niks doen nie aikona Cyril! You and your people huh?

#Tsek ANC tsek tsek!

Robert ·

Corona… die grootste kullery ooit op die mensdom uitgevoer.

Oros Soros ·

Voor die afkondiging van die grendelstaat, was die ANC bankrot en kon hy nie sy werkers betaal nie. Nou blyk dit asof daardie probleem nie meer bestaan nie. Alles rondom Covid-19 is nou met mekaar verbind.

Jacobus ·

‘n Oop geld laai wat vele nie kon weerstaan nie. Covid is ‘n werklikheid maar die regering en kie het skandelik en krimineel die situasie aangewend vir korttermyn politieke gewin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.