R7,7 miljard se belegging vir Kaapstad bestem

Kaapstad (Foto: Heinrich Botha/Pixabay)

Van die beleggings wat verlede week tydens die presidensiële beleggingsberaad aangekondig is, sal R7,7 miljard direk in Kaapstad belê word. Dié beleggings sluit in Google (R2,2 miljard), Amdec (R2 miljard), Capita (R500 miljoen) en Teraco (R3 miljard).

James Vos, burgemeesterskomiteelid van ekonomiese geleenthede en batebestuur, het gesê dit is ʼn testament vir die stad se belegging-ekostelsel. “Groot internasionale ondernemings weet dat hulle toegang het tot wêreldgehalte infrastruktuur, goeie regering, ʼn bekwame werksmag en die politieke wil om beduidende beleggings te verseker wat tot werkskepping kan lei,” het Vos gesê.

Stad Kaapstad is gereed om vennootskappe aan te gaan met die openbare en privaat sektor om beleggings te lok wat aanvraag sal dryf en sin maak.

“Ons beleggingsfasiliteringseenheid, binne die stad se departement vir ondernemings en beleggings, fokus eksklusief daarop om beleggings te lok en verskeie tipes spesialis-ondersteuning om klein en groot ondernemings, en beleggingsvoordele en vaardigheidsontwikkelings te verskaf sodat ons ondernemings kan help om hul volle potensiaal te bereik en meer mense aan te stel.”

Vir meer inligting oor Stad Kaapstad se ondernemingshandelsmerk, Invest Cape Town, besoek www.investcapetown.com.

“Stad Kaapstad verskaf finansiering en werk saam met strategiese besigheidsvennote (SBP’s) om aktief geleenthede te soek om ons ekonomie te vergroot deur beleggings te lok. Tussen April en September 2020 het die stad se SBP’s altesaam R8,8 miljard se belegging gefasiliteer, 4 980 poste geskep en 1 366 persone opgelei, ondanks verskeie fases van die nasionale afsonderingsperiode en afwaartse ekonomiese spiraal wat ons in die gesig gestaar het.”

Twee van die stad se SBP’s, Wesgro se beleggingsbevorderingseenheid, bygestaan deur die InvestSA One Stop Shop, het die Amdec-ooreenkoms gefasiliteer, saam met CapeBPO (vroeër bekend as BPeSA) wat die Capita-belegging gefasiliteer het.

“Die strategieë wat ingestel is en die kollektiewe prestasie deur ons SBP’s, bewys dat waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg om ʼn volhoubare pad tot ekonomiese herstel te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yvonne ·

Sluit Kaapstad uit wanneer Moody’s et.al. ons deesdae so flink afgradeer.

Samuel ·

Baie geluk aan die Stad Kaapstad. Dit wys net hoe goed die DA hierdie metropool en provinsie regeer.

Dries ·

Hierdie beleggings is goed maar met die ANC in beheer van die land gaan dit nie veel help nie. Julle sal regtig moet begin werk aan afstigting

Jaco ·

Mag dit gedoen word? Mag ‘n provinsie met ‘n swart minderheid waar “die rassistiese DA” regeer, sulke groot beleggings kry?
Ek vra maar net, want 2 stelle reëls geld vir so baie goed in dié nuwe apartheid van die ANC.

JohanR ·

Dink nou net as die ANC die regering in Stad Kaapstad was hoe gou daai R7,7 miljard sou verdwyn het tussen die kaders? Hou die ANC uit die Wes-Kaap uit!

Sylvia ·

Soms maak dit mens bang en wonder wat hou die toekoms vir ons in, want die uiteenlopende siening van dit gaan goed in die Wes-Kaap en dit gaan nie goed in die Wes-Kaap nie, is verstommend. Persoonlik dink ek die wat dink dit gaan goed, sien en hoor net wat hulle wil. Hierdie omstandighede laat mens onmiddellik dink aan die gesegde “Bo blink en onder stink”. Daar moet gestop word om te wag vir ‘n politieke party om dinge reg te ruk, hulle is almal deur die bank “vrot” en korrup, elke inwoners, landsburgers moet begin om die moue op te rol. Betogings en stakings moet hok geslaan word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.