Die besluit van Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en onderrig, om R967 miljoen te bewillig om historiese studieskuld van NSFAS-studente te vereffen, is deur verskeie rolspelers verwelkom.
Die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (Nehawu), die Onderwysstigting vir Maatskaplike Geregtigheid (ESJF) en die Nasionale Jeugagentskap (Nyda) het almal die aankondiging verwelkom wat hulle meen studente sal help om hul studie in die beskikbare tydperk te voltooi.
Die departement van hoër onderwys en onderrig het Sondag aangekondig ʼn bykomende R967 miljoen sal aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) gegee word om die historiese studiegeld wat 52 514 NSFAS-studente aan universiteite skuld te betaal.
Die geld is spesifiek om studente te help wat deur die vorige befondsingskema van NSFAS befonds is, maar nie ingesluit is by die verbeterde befondsingsondersteuning wat in 2018 begin het nie.
Voorheen is daar van studente verwag om hul studiegeld gedeeltelik self te betaal en baie studente was nie finansieel hiertoe in staat nie. Dit het veroorsaak dat die studente met opgehoopte studieskuld gesit het ten spyte daarvan dat hulle deur NSFAS finansier is.
“Ons is bewus daarvan dat daar sommige studente is wat die universiteitstelsel binnegegaan het voordat die nuwe skema in 2018 geïmplementeer is en wat steeds op die pre-2018 befondsingsmodel gefinansier word. Hierdie studente het nog meer skuld in hul 2018 akademiese jaar opgegaar indien hul fondse meer as die NSFAS-perk was,” het Pandor gesê.
Sy sê daar word verwag dat alle studente wat deur die ou skema gefinansier is, wat nog gegrond was op ʼn gesinsinkomstedrempel van R122 000, sal teen 2022 die universiteitstelsel verlaat.
Die ESJF het Pandor geloof vir dié besluit om aandag te gee aan studente se historiese studieskuld en dié las van studente se skouers te haal. “Ons het al lankal ʼn beroep op die regering gedoen om historiese skuld en registrasiefooie te skrap. Die besluit van me. Pandor bevestig ons oortuiging dat die enigste oplossing vir die uitdagings wat studente in die gesig staar is om die skuldlas te verwyder,” sê die stigting in ʼn verklaring.
“Nooit weer moet ʼn huishulp se kind weerhou word van verdere onderrig weens ʼn onvermoë om te betaal nie.”
Nehawu het op sy beurt gesê Pandor se besluit is ʼn stap in die regte rigting om die uitsluiting van arm en werkersklas studente van tersiêre onderrig te beëindig. “Hoewel ons dié ingryping deur die departement verwelkom, is ons steeds van mening dat daar dringend ʼn gesprek oor die NSFAS-model gehou moet word, aangesien dié model gekarakteriseer word deur bestuur en beleid wat ooreenstem met ʼn leningskema wat heeltemal teenstrydig is met ʼn gratis onderwysfiliaalskema.”
Sifiso Mtsweni, voorsitter van Nyda, het gesê die organisasie glo dié besluit sal studente se kans op toegang en suksesvolle voltooiing van studies verbeter en hul lewens ten goede verander.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
46 Kommentare
Waar kom al hierdie geld vandaan?
Daar is dan n kwansuis n tekort op inkomstebelasting vordering?
Dis skrikwekkend hoe die regering geld uitgee…
Waar kom die geld vandaan??????
Lekker man, lekker…
Van kindsbeen wou my oom n predikant word. Oupa het egter as bosbouer te min verdien om dit te laat realiseer. Toe my oom 40 jaar oud word (40 jaar gelede), begin hy uiteindelik sy studies. Dit na hy jare vooraf, n soort van eie biografie oor sy kinderjare, van deur tot deur verkoop het vir fondse.
Hy het uiteindelik (op sy eie) sy studies suksesvol voltooi!
Hierdie mense kan darem hierdie geldmorsery fancy name gee, nogals historiese studiegeld. Die belastingbetaler gaan weer gerook word om dit te betaal. Beteken dit nou dat hierdie mense nog altyd hulle studies gratis kry…….????
Hey !!!!!! Dit is verkiesing tyd.Lekker om geld te mors en ons betaal belasting deur ons ore. Sien ons betaal vir hulle veldtog.