Raadslid, vrou in KwaDukuza gewond

Argieffoto

ʼn IVP-raadslid word in die hospitaal behandel nadat hy Dinsdagoggend in KwaZulu-Natal geskiet is.

Aubrey Baardman se vrou is ook in die voorval gewond. Hulle kind, wat saam met hulle in die voertuig was toe die voorval in KwaDukuza (Stanger) gebeur het, is ongedeerd, het die KwaDukuza-munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

“Ons het nog nie veel besonderhede oor wat tot die voorval gelei het nie,” het die burgemeester van KwaDukuza, Dolly Govender, gesê.

“Die inligting wat ons wel het, is dat hy [Baardman] self tot by die munisipale kantoor in die Lavoipierre-gebou kon ry nadat hy geskiet is. Gelukkig was sy toestand nie kritiek toe hy daar aangekom het nie.

“Die KwaDukuza-munisipaliteit se misdaadvoorkomingseenheid het hom na ʼn plaaslike hospitaal vergesel,” het Govender gesê.

Die munisipaliteit het onderneem om verdere besonderhede bekend te maak sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Met sy vet salaris as raadslid kan hy die beste mediese behandeling bekostig. Maar die armes wat vir hom gestem het moet maar tevrede wees met swak, vuil, onbevoegde staatshospitale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.