Ramaphosa: Onteieningswet nodig om massas se ‘honger na grond’ te stil

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die onteieningswetsontwerp is van kardinale belang om die “honger wat mense na grond het” die hoof te bied.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gesê in antwoord op ʼn vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Groenewald wou by die president weet of hy van plan is om die wetsontwerp na die Konstitusionele Hof te verwys om die grondwetlikheid daarvan vas te stel.

Volgens Groenewald het Ramaphosa geen geheim daarvan gemaak dat die voorgenome wetsontwerp noodsaaklik is om die massas se “honger na grond” te stil nie en dat dit “noodsaaklik” is om aandag te gee aan “historiese ongelykhede”.

Volgens Ramaphosa dien die onteieningswetsontwerp tans voor die Nasionale Raad van Provinsies en is dit sy grondwetlike verpligting om homself te vergewis van die grondwetlikheid van ʼn wetsontwerp voordat hy daartoe instem.

“As ek voorbehoude het oor die grondwetlikheid van ʼn wetsontwerp sodra ek dit ontvang, is ek grondwetlik verplig om dit eers na die Nasionale Vergadering terug te stuur. Ek kan nie so ʼn besluit [om dit na die Konstitusionele Hof te verwys] neem voordat die parlement sy werk afgehandel het en die wetsontwerp op my lessenaar is vir instemming nie.”

Die ontneming van grond was sentraal tot die ontneming van burgerregte en onteiening van die meerderheid Suid-Afrikaners, het Ramaphosa aangevoer.

“Die aanspreek van hierdie historiese onreg is van kardinale belang om die belofte van ons grondwetlike bedeling te verwesenlik. Die staat word in ons Grondwet beveel om ‘redelike wetgewende en ander maatreëls te tref, binne sy beskikbare hulpbronne, om toestande te bevorder wat burgers in staat stel om toegang tot grond op ʼn billike grondslag te verkry’.

“Ons word verder bemagtig om ‘wetgewende en ander maatreëls te tref om grond, water en verwante hervorming te bewerkstellig om die resultate van vorige diskriminasie reg te stel’. Ons is daartoe verbind om ons Grondwet te respekteer en sy beloftes na te kom.”

Groenewald meen egter die wetsontwerp, wat voorsiening maak vir ‘nul’ vergoeding vir eiendom, is niks anders nie as onteiening sonder vergoeding en hou ontmeetbare skadelike gevolge vir die land in.

“Nieteenstaande die president se versekering dat die land se regstelsel beskerming bied teen ongeregtighede, sal geen belegger die ANC hiermee vertrou nie.

Pieter Groenewald, VF Plus-leier (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

“Niemand se eiendom sal veilig wees wanneer die wetsontwerp afgeteken word nie.

“Die VF Plus verwerp die onteieningswetsontwerp en sal dit op elke manier moontlik teenstaan. Dit sal ʼn uiters gevaarlike instrument in die hande van die ANC wees.”

Die regering kon in 2021 nie die vereiste tweederdemeerderheid steun in die Nasionale Vergadering kry om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.

“Die wetsontwerp op onteiening is daarom bloot ʼn ander roete wat die ANC volg om wel onteiening sonder vergoeding moontlik te maak,” het Groenewald gesê.

Die VF Plus het lankal reeds gesê hy sal dié wysigings beveg en die party is selfs bereid om Konstitusionele Hof toe te gaan om die wet te stuit.

“Onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en kan nie toegelaat word in Suid-Afrika nie.

“Grondeienaarskap en die beskerming daarvan is een van die pilare van ʼn demokrasie en veral ʼn grondwetlike demokrasie.

“Hierdie wetsontwerp wys hoe min waarde die president en die ANC aan die Grondwet en die demokrasie heg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Harley Davidson ·

Die onderhandelinge om die weskaap onafhanklik te kry is nou van kardinale belang, Ramaposa kan maak wat hy wil maar die land sal in totale anargie verval en pw se vooruitsig vir fw se beleid sal waar word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Peter Marais (VF Plus) se tirade gister in die Wes Kaap parlement onderstreep die frustrasie van die Kapenaars.

Sterling ·

Niks onderhandelinge nodig nie.
Artikel 235 – DOEN DIT…voor hulle die artikel ook aan pas om die ANC agenda te bevorder

Snowball ·

Hierdie sal die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek.
Dit is die rowerbende se troefkaart voor die 2024 verkiesing – JULLE GAAN ALMAL GROND KRY, SOMMER SO SAAM MET JOU SASSA TOELAAG. Dit gaan net so goed uitwerk soos julle vry elektrisiteit, vry water en dienste, vry behuising, vry onderwys en vry gesondheidsorg. Everything For Free (behalwe vir die belastingbetalers).

Piet ·

Alles is besig om ineen te stort.
Daar gaan niks meer wees om vry te gee nie.

Lollipop ·

Dit is reg! Begin by Ramaphosa se Phala Phala!! En daarna Zumpie se Nganla!

Bre ·

ZUMPIE… JA!!!

RAMAPHOSA… Hy was en is n baie groot besigheidsman nog VOORDAT hy president geword het. Hy het gewerk vir dit wat hy vandag het. Of jy nou gaan saamstem of nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Rampphosa het in die 1990s en 2000s miljoene aandele ontvang ontvang in ondernemings soos buitelandse myngroepe, Amerikaanse kitskos groepe, banke, drank vervaardigers, telekommunikasie groepe en baie ander. Alles Mahala. Oornag van ‘n leë bank rekening tot miljardêr gevorder.

Amelia ·

Ja hy het gewerk deur volg skelmstreek uit te dink en geld in rusbank wat waar vandaan kom weg te steek ek is ook n beisgheids persoon haha miskien moet jy google oor die mense

Koen ·

Ramaflop is slinks. Dis hoe hy aan sy geld gekom het. Bre wewe

jou gewete ·

neem net in ag wat vir hom op skinkbord gegee is met hulp wat om te doen, hy is en bly n kommunis en besef nie kommunisme het nou n ander baadjie gekry, nie meer die ou ene nie

Piet ·

Die anc is honger vir alles, vreet hulself trommel dik, gooi die pappiere net daar neer en gaan maak die volgende yskas vinnigger leeg as die voorigge een. Dis wat hierdie terroriste organisasie aan ons ekonomie doen dag in en dag uit todat daar niks meer oor gaan wees nie. Alles in hulle hande vrot en verval.

Johan ·

Hy moet aan iets dink wat die honger massas weer vir die anc sal laat stem
Wie kan diefstal beter toepas as die anc
As hulle grond wil hê kan hulle dit koop

Leon ·

My Afrikaanse onderwyser sou hom ‘n “ruggraatlose jellievis” genoem het

Keelvol ·

Oplossing is voor die hand liggend. Kry n werk en koop dan n stuk grond…… problem solved or is it to difficult to understand.

Nettie ·

En die Afrikaner tree met elke bietjie net nog ‘n treë terug of hardloop na die howe asof ons redding daar lê.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die howe wen ons dalk ‘n veldslag of twee, maar ons verloor die oorlog.

Kweperlat ·

As die massa se massale honger na die massale besit van massas grond net sou lei tot ‘n massale verbetering van grondbestuur en voedselproduksie! Sover het oordra van grond nog net massale getuienis gelewer van massale wanbestuur en mislukking!

jou gewete ·

die massas soek nie grond nie, hulle soek geld, onteienig is vir ministers en kadawers vir beloning

Smirre ·

Ja, dis nodig vir volgende jaar se verkiesing vir julle, die trog is mos nog nie heeltemal leeg gevreet nie

Marius ·

Alles goed en wel om honger te wees vir grond , maar dit gaan nie die enigste ding wees waarvoor our people gaan honger wees nie.
Ten koste van wie gaan grond onteien word????????

Manie ·

Hulle sal eers by resolusie 338 moet verbykom voor hulle aan my eiendom raak.

Nie Verbaas ·

Ek twyfel daagliks net meer oor die werklike vlak van intelligensie in die ANC. Wat van die buiteland se beleggers en voedsel sekerheid Ramaphosa en wie gaan lenings by banke vereffen? Of het dit nog nie by jou opgekom nie.

jou gewete ·

intellegensie vergelyk met 12 jarige kind wat nie begaafd is en nee, pla hom nie, hyen sy pelle leef lekker

Roebs ·

ANC moet uit dan sal die land voorentoe gaan, solank die ANC hier is gaan al hoe meer mense honger en sonder werk sit.

ES ·

Ek sukkel nog, as regsgeleerde, om te verstaan hoe meer grond mense gelukkiger gaan maak?

Mense het nie eers toegang tot basiese dienste nie? As ‘n individu ‘n plakkershut wil opsit, moet hulle in elk geval die gemeenskapshoofde betaal vir die stukkie grond wat hulle wil beset om hul hut op te sit.

As daardie persoon vir langer as ‘n sekere tydperk nie sy hut beset nie, dan verloor hy die grond waarop sy hut is – en die geld wat hy daarvoor betaal het.

Nou vra ek weer – hoe gaan meer grond die massas se “honger na grond” stuit?

Piet ·

My mening: “die honger na grond” is eintlik maar die honger na geld.

Nettie ·

Dit gaan nie hul “honger stuit nie”. Dit gaan slegs oor die haat teenoor als wat wit of Afrikaans is. Hulle kry ons nie uit die land uit nie. Ek glo hierdie is ‘n desperate poging om ons in ons massas te laat land uit vlug.

Eugene ·

Die ironie is hulle gaan regtig honger honger wees na die voedsel produsente boere se grond onteien en gestroop is

Nettie ·

As dit is wat gaan volg op plaasmoorde en onteining, dan moet dit maar. Ek het al my simpatie met hulle verloor.

Strandloper ·

“historiese ongelykhede” van 30 jaar pas by die anc! Net Cyril Ramaphosa glo hom self!

Joe Olivier ·

Ons is dan in ‘n vryemark stelsel. Toe ek wou ‘n huis en grond hê, moes ek dit koop. So ook my Pa en my Oupa voor hom. En ons almal moes koop wat ons kon bekostig. “If you can’t feed, don’t breed!”

Vanessa ·

Hongersnood en armoede gaan dan net toeneem. Die ANC dink so vêr as wat hul neuse lank is. Die boere het die kennis, die uithouvermoë, hulle gee aan mense werk. Grond verryk mense nie kennis doen, harde werk!! Gee die grond vir die wat dit KAN en wil gebruik en die kennis het. Dink bietjie man. Julle is pateties.

Anon ·

Nou begin deel dan staatseiendom uit en hou op vasklou daaraan en die Boere s’n afvat wat hard daarvoor werk

Boatsie ·

Luister pokerface, skrik wakker
Die mense is honger na werk, kos op hulle tafel, water, sanitasie en behuising.
Honder na grond het sedert jul daarmee rondploeter bewys wat gebeur; voorbeelde is legio en jy kan nie iemand se gat vol grond en implemente stop en dink hy kan boer nie.
Probeer ‘n slag iets anders as ‘n verkiesingsfoefie.

Vanessa ·

As iemand my huis en grond wil afvat brand ek persoonlik alles af. Ek SAL dit nie net so laat gaan nie. Ek het my sterre afgewerk vir dit wat ek het en doen nog steeds. Hulle kan dan maar op daai stuk grond plak en van voor af begin en terwyl hulle plak gaan ek die lewe vir hulle hel maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Onmoontlik om met ‘n regime te debateer.

George ·

Nou wonder ek, ek smag na ‘n huisie by die see. So ek kan net gaan vat? As belastingbetaler dink ek ook dat daar sekere regte is waarop ek kan staatmaak. En dit word nie vir my gegee nie. Ek dink daai gevoel vn honger na grond moet eerder omskep word na werk vir grond. As belastingbetaler voel ek al leeg gemelk en kan net nie meer gee nie. Wat gaan die gevolg doen as hulle mag grond gestil is, maar hulle het nie kos en Sassa nie! Daar is meer as net demokratiese regte wat hier te sprake is, ook die belasting betaler het demokratiese regte. Inteendeel Phosa, ek dink jy werk vir my wat jou salaris deur belasting betaal, so stop jou nonsens en begin daai geld verdien. Of skoert.

Samuel ·

Hoeveel grond gaan eerste na die Kaders? Weer ‘n skelm spul.

Nommer 7 ·

Gestel daar word grond gegee aan 10 miljoen, gaan die res van 50 miljoen dan ook tevrede wees?

Catherina ·

Tussen Zuma, staatsgrond en Ramaphosa is daar baie grond om vir die massas te gee

Kokerboom ·

Wat ‘n patetiese antwoord deur ‘n ewe patetiese regeringshoof!!!
Massas soek werk en kos nie grond. Grond gee NIE werk en kos.’n Graad een kind sal dit vir hom sê!

Vrystaat2109 ·

Gee vir ons ‘n volledige verslag van die plase wat reeds vir die honger massas gegee is en wys ons hoe lyk dit nou daar teenoor wat hulle gekry het.
Soos wat die anc die land afgebreek het so lyk meeste van daardie plase, onproduktief, infrastrukture afgebreek.

Chris dupreez ·

Die mense wil werk en kos hê , hulle gaan niks met n stuk grond kan doen nie, die grond gaan eiendomme wees wat julle klomp korrupte anc leiers julle self gaan toeeien.

hpven ·

Die mense leer nooit! Letterlik die hele Afrika sit sonder kos, maar die ANC ploeter voort op hul plundertog om die ekonomie totaal te verwoes en die land te destabiliseer. Die Afrikaner is ‘n ondernemer en opbouer en kan enige ander land of plek voor begin en ‘n sukses daarvan maak soos baie alreeds doen in ander lande.

Phillip ·

Hulle soek grond kom haal dit by my klaar in sakke gegooi so 8 grawe grond in n sak

Amelia ·

Is “honger na grond” ‘n werklike fenomeen of net ‘n ANC en EFF verdigsel?

Cherokee ·

Goeie vraag. Bied aan die massa geld in die plek van grond, en hulle sal eersgenoemde verkies.

gatgogga ·

“……….dat die land se regstelsel beskerming bied teen ongeregtighede……”. Is hierdie stelling werklik nog waar?

Elma ·

Rampies, “jou mense” is honger vir meer dinge as “grond”. Mense kan nie grond eet nie.

Grassie ·

Onteiening is die laaste strooi wat die kameel se rug gaan breek. As dit gebeur sal ons twee keuses hê – ons sal fisies in opstand moet kom of tou opgooi en op moedverloor se vlaktes gaan sit en vergaan van ellende. Diegene wat gelowige Christene is, gaan lees asb die laaste hoofstuk van Klaagliedere.

annie ·

Altyd ‘n ‘honger na’… Die krip of ander se grond. Maar die volgende plan is dan op die tafel: cannabis-landerye. Kan die prez asb sy resep vir ‘n dagga-gereg verskaf? Of is dit dalk vir medisyne of ‘n haarwasmiddel, of smeer mens dit aan ná of voor jy ‘n dag op die strand deurbring. Moenie vergeet om nie die seewater te sluk nie, maar indien wel, kou gou ‘n dagga-takkie… voor jy weer huiswaarts keer na jou krip wanneer jou honger-vir-grond-gevoel te erg word.

Pieter ·

As ek grond soek, dan moet ek maar droom of werk en koop. Hoe werk die kop dan nou. Ek kan dit net nie verstaan nie.
En wat van die regte probleme? Julle vat net die kort paaie. Maak net nog meer probleme. Skep werk en daarna skep werwagting en bou die nasie so op. Nie vat en gee en vat en gee nie, dis nie die antwoord, dis ‘n pleister op ‘n vrot wond.

bolletjie blom ·

En so het hulle daadie mentaliteit om te vat wat hulle nie toekom nie en waarvoor hulle nie ‘n dag se werk gedoen het nie. Ramaphosa wil nou so vrygewig wees laat hy maar by sy baie eiendom begin.

capie ·

Daar is vir ons slegs een van twee uitwegte. 1 soos Harley Davidson sê ‘n onafhanklike Wes en miskien Noord Kaap of ons moet almal soos Okraieners landuit vlug. Dan kan die honger massas maar hul grond eet.

Edward ·

Ramaphosa slaap, die mense honger nie na grond nie, hulle honger na huise, elektrisiteit, water en werk. Hoeveel van die massas gaan hy op elke plaas laat woon????

Leana ·

Elke keer wanneer dit naby verkiesingstyd kom speel hulle hierdie kaart om stemme te wen. Die mense moet wakker skrik.

Pietertjie ·

Mooi belofte ter voorbereiding van volgende verkiesing: Fried chicken and T-shirts to follow!

Johanna ·

Hul demand alles. Werk is vir hul n skande. Laat die president SY grind eerste gee. Dan Al sy lede van parlement. Hulle Moet mos voorbeeld stel. Slu slinkse spul. Kom boere jul is mos NIE jellievisse NIE. God het jul voorouers gehelp,HY sal ONS weer help. Bid,glo en vertrou.

RC007 ·

En as hy ons nie help nie? Wat as dit sy plan is om die grond te laat vat?

domheks ·

Stem saam. BID SONDER OPHOU!!! VERTROU SONDER OPHOU. ONS GLO IN ONSE VADER! Nie is voorvadergeeste nie!

Poppi ·

Dis mos nou amper verkiesing 2024, nou sal hul “groot gaan”……..

john ·

En waneer hulle die grond het verwaarloos hulle dit en die regtig mooi en goeise plaase gaan na sy kadres toe

Heinrich ·

Uitslag gaan seker bepaal word of die grondwetlike hof gekaap is of nie.
Die honger na die 5% minderheid se grond sal nie gestil wees as dit gevat is nie, dan gaan die hongeres op mekaar begeen teer.

Nettie ·

En dis al wat julle beplan, Afrikaner? Om na die (gekaapte) howe te hardloop?

Julle leiers maak my amper so siek soos die ANC wat hierdie diefstal wil wettig.

DieKriek ·

Dis soos die hond wat die bus jaag. Wanneer hy hom vang, weet hy nie wat om daarmee te doen nie.

LANA is ELANè ·

Hier gaat ons al weer, die Ramaphosa regime op sy beste, want dit is mos weereens kort voor ñ verkiesing, saam met grondgrype gaan ekonomiese agteruitgang want niks word produktief aangewend nie, dit ontaard net in bose plakkerskampe waar wetteloosheid seëvier. Wat word van ons mooi land?

Sandra ·

Grond om wat mee te maak? Al die bome af te kap vir brandhout en die aarde tot niet te laat gaan soos destyds in die eens vrugbare Transkei?

john ·

Kyk wat het in Cuba gebeur een op n tyd n welvaarende land met n hoer lewens standaard as destydse EUROPA toe die comuniste oorvat en allens onteien armoede vir almaal. en dit is jou rolmodel Oom Sarel

annie ·

‘n Lappie vir Pappie is seker ok nie te versmaai nie; ‘n wynplasie naby die ‘parlement’ as die dors na druiwesap groot word. ‘n Mens kan darem nie Phala-buffel-biltong eet sonder ‘n ietsie by om dit mee af te sluk nie.

Amelia ·

Begin sommer by Phala phala geen vir jou our people jy het mos genoeg onder rusbank ons moet werk vir wat ons het nie bla bla nie Jy wil net stemme werf en mense se bloeddruk opjaag My vraag is |is dit hoekom so baie plaasboere vermoor word

Buks ·

Hoekom bring niemand in die parlement op dat indien hulle die mense self ophef pleks van almal te verarm nie, kan elkeen sy eie grond wettig koop soos dit hoort. Hy en sy ANC het misluk om hulle belofdes vir n beter lewe na te kom. Nou probeer hulle na strooihalms gryp om in bewind te bly. Dis net nog n manier om die mense meer te verarm want ons weet desperate arm mense is maklik om te beheer. Hulle gaan misluk om die massas beter lewens standaarde dis die probleem hulle kan nie paar mense ophef nie nou trêk hulle almal af.

Carl ·

Wat ‘n idioot! Hoe het hy gekom waar hy is – skilpad op ‘n paal!

Mallie ·

Ek hoop net dit sluit alle suid afrikane in nie net sekeris nie

Reinald ·

Ek het ook ‘n honger na grond! Sal ek ook bietjie kry …. natuurlik gratis?

Aanhouer ·

Mens kan sommer op daardie foto sien dat die ligte aan is, maar daar is niemand by die huis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.